Tyd vir jouself 2019-09-01T13:10:58+00:00

Tyd vir jouself

Deur Christine Ferreira | Foto’s Pexels & verskaf

Troetel jouself van kop tot toon. Dis goed vir liggaam, siel én gees.

‘Staan stil en ruik die rose, die lelies, die pioenrose…’ Jennifer Tung

‘n Waas van geur

Gabrielle Chanel Essence Eau de Parfum (R2 570 vir 100 ml) is geskep rondom die soet geur van vier verskillende wit blomme, naamlik jasmyn, ylang-ylang, lemoenbloeisel en soetemaling (tuberose). Atrise, Margot Robbie, is die gesig agter die stralende geur.

Kleurvol

Niks sê dis lente soos vrolike naellak nie. Kyk uit vir die jongste Mavala Dash & Splash reeks naellak vir die lente en somer in Naive Mint, Fancy Pink, Magnetic Purple, Versatile Red, Vibrant Turquoise en Psychedelic Lime. Beskikbaar by Clicks en Dischem teen R87 elk.

Pas jou oë op!

Hier is 10 slegte gewoontes om te vermy as jy na jou oë se gesondheid wil omsien, sê Ruahan Naude, uitvoerende hoof van Dynamic Vision Optometrists:

  1. Moenie te lank na jou selfoon en tablet staar nie.
  2. Kies eerder goeie as laegraadse lense vir jou bril.
  3. Moenie met jou kontaklense in gaan slaap nie.
  4. Pasop vir die oormatige gebruik van oogdruppels.
  5. Probeer om jou oë nie onnodig te vryf nie.
  6. ‘n Swak en ongebalanseerde dieet beïnvloed die welstand van jou oë.
  7. Moenie TV in sagte of swak lig kyk nie.
  8. Pasop vir te min slaap!
  9. Om te vergeet om jou sonbril te dra as jy buitentoe gaan of as jy bestuur, is sleg vir jou oë .
  10. Deur grimering te misbruik en nie jou grimering te verwyder voor jy gaan slaap nie.

Nuut op die rak

Lancôme Génifique Youth Activating Concentrate voed en beskerm die vel se mikrobioom met ‘n gevorderde probiotika-formule. R1 130 vir 50 ml.

BioNike Defence My Age Renewing Night Cream is vir vroue bo 50 geformuleer om die vel se jeugdige voorkoms te bewaar. R345.

Elizabeth Arden Eight Hour Daily Defense Moisturizer SPF 35 PA+++ beskerm en hou nie minder nie as agt voordele vir die vel in! R425.

Nivea kids protect & care coloured roll-on SPF 50 + se gekleurde aanrolformule maak sonsorg vir die kleingoed maklik en sigbaar. R94,99.

365 Skin Workout Mask Instant Hydrating troetel die vel met ekstra vog om dit sag en soepel te hou. R595.

Avéne DermAbsolu Recontouring serum is die ideale teenverouderingsproduk vir ‘n sensitiewe vel. R499,95.

Catrice HD Liquid Coverage Foundation in Light Beige lyk en voel soos ‘n tweede vel. R144,95.

Essence Colour Up Shine on!Lipstick in Rosey Glitz gee kleur en glans aan lente-lippies. R49,95.

Dermalogica Special Cleanser is seepvry en die topverkoperproduk by Dermalogica wêreldwyd. R629.