Saamlees 2019-10-31T21:58:54+00:00

Saamlees

Lééf kies vandeesmaand agt lekkerleesboeke vir jou boekrak.

Laat U Naam geheilig word

Deur Esté Geldenhuys (Lux Verbi)

Dit is vir ons onmoontlik om God te verstaan, ons kan slegs klein glimpsies van sy karakter kry. Een manier is om God se Name te bestudeer. Esté Geldenhuys het breedvoerige navorsing gedoen oor God se Namae, en in hierdie boek belig sy die belangristes, van Elohim (Drie in een) tot El Roi (die Een wat sien). Sy bespreek die Naam self in Hebreeus, waar dit in die Bybel voorkom, die betekenis daarvan, wat dit in ons alledaagse lewe beteken en ook hoe om dit te gebruik in gebed. R270.

Wedstryd van die lewe

Deur Johan Smith & Jan Willem Swanepoel (CUM)

Soveel jong gelowiges ken die hartseer van nie gekies te wees vir die span nie. Maar eintlik speel élke gelowige reeds in die Wenspan, en daarom is sake soos voorbereiding en oefening, opwarming, jou spanmaats em wat gebeur as jy foute maak ook vir elke gelowige relevant. In hierdie boek deel Suid-Afrikaanse sportpersoonlikhede lesse uit die sportwêreld wat goud werd is vir jong volwassenes en help die riglyne elke jong gelowige om die kroon van oorwinning in hul lewe te dra. Prys nog nie beskikbaar nie.

Summer Food

Deur Tjaart Walvaren (Struik Lifestyle)

Tjaart Welvaren is ‘n vars nuwe gesig as dit kom by glanssjefs. Hy staan met sy voete stewig geanker tussen die Noordsee, waar hy vandaan kom, en sonnige Suid-Afrika. En dit is juis ons Suid-Afrikaanse somers wat hierdie kookboek geïnspireer het. Die boek is propvol heerlike resepte wat die somer bord toe bring – van volstruis carpaccio tot ‘n somervrugte-terrien en meer. R350.

Soos ‘n veldblom

Saamgestel deur Struik Christian Media

Bekende Christenvroue deel hul wysheid in hierdie kontemporêre dagstukkieboek. Angelique du Toit, Janine van Niekerk, Liesel Krause-Widd, Ann Goodfellow en Cailin Leacock help vroue om hul identiteit in Christus te ontdek en te verstaan. Dinge waarmee vroue daagliks worstel word aangespreek en word die leser na ‘n lewe van oorvloed gelei. Die boek is ook in Engels beskikbaar as Like a Flower in the Field. R230.

The Guilt-Free Gourmet

Deur Jordan & Jessica Bourke (Penguin Random House)

Jy is wat jy eet. Hierdie boek is vir diegene wat moeg daarvoor is om te hoor hulle moet meer groente en vrugte eet en die inname van verfynde en geprosesseerde kosse verminder, maar nie regtig weet wat om te doen nie as dit kom by die voorbereiding van maaltye nie. Dit is nie ‘n boek oor gewigsverlies of ontkenning nie, maar eerder ‘n waardevolle gids oor hoe om heerlik te kan kook met gesonde heilsame bestanddele! R250.

Kragtige gebede vir moeilike tye

Deur Jackie M. Johnson (CUM)

Wat bid jy wanneer die lewe alles net te moeilik raak? Wanneer jy stres ervaar of depressief voel, wanneer die lewe oorweldigend of teleurstellend is, wanneer jy voel jy wil net tou opgooi? Dit is in sulke tye wanneer jy met onblusbare hoop moet bid, sê Jackie M. Johnson. Met bemoedigende stories, Skrifgedeeltes en gebede wys sy lesers hoe om te bid vir fokus, wysheid, selfvertroue, moed, genade, krag en soveel meer. R140.

Landbouweekblad Hart tot hart

Deur Kobus van der Westhuyzen (Lux Verbi)

Landbouweekblad is ‘n eg Suid-Afrikaanse instelling en is vanjaar 100 jaar oud. Vir die afgelope 49 jaar skrif Ds Kobus van der Westhuyzen al sy gewilde rubriek in gewone taal vir gewone mense. Hy het self die 366 dagstukkies in dié boek uitgekies om ons lewe op God te bou en ons nader aan God se hart te bring. R250.

Die reis van ‘n pelgrim

Deur Ann Goodfellow (Struik Christian Media)

Hierdie is ‘n 52-week-dagstukkieboek wat die gelowige soeker voorsien van rigtingwysers op hul pad. Die oordenkings sal jou in staat stel om jou weg na God te vind, sy hand te neem en die dag met moed aan te pak. Dit help jou om die Lig wat jou lewe sal verryk te vind en verseker jou van God se standvastigheid. AnnGoodfellow skryf al vir meer as 35 jaar gebede en dagstukkies wat weekliks aan kerke en vriende versprei word. R250.

Lees meer

Doendinge vir jou dagboek