Tyd vir jouself

Deur Christine Ferreira | Foto’s Hanneri de Wet & verskaf

Troetel jouself van kop tot toon. Dis goed vir liggaam, siel én gees.

‘Die uitsonderlike vrou verwelkom ‘n ander perspektief.’ Suzy Larson

Sonneblom & granaat

Elizabeth Arden Sunflowers Sunlit Showers Eau de Toilette en Elizabeth Arden Green Tea Pomegranate Eau de Toilette herinner aan sorgvrye, sonnige somersdae in die hartjie van die winter. R460 vir 100 ml elk.

Mooier met ‘n masker

Wees op die uitkyk vir dié nuwe reeks maskers wat onderskeidelik die vel se unieke behoeftes aanspreek en in ‘n kits behandel: Nuxe Insta-Masque Exfoliating + Unifying Mask, Detoxifying + Glow Mask en Purifying + Smoothing Mask bevat natuurlike bestanddele wat binne twee minute ‘n verskil aan die vel se voorkoms maak. R330 elk.

Vog vir jou vel

Is jou vel droog of ontwaterd? ‘n Droë vel is ‘n genetiese veltipe en het ‘n tekort aan olie. Dié tipe vel voel droog van kop tot toon en is gedurig droog, veral in die winter. ‘n Droë vel kan ook ontwaterd wees. ‘n Ontwaterde vel is ‘n veltoestand wat behandel kan word. Dié tipe vel het ‘n tekort aan water, nie olie nie, en is nie te alle tye droog nie. As jou vel ontwaterd is kan jy ook van tyd tot tyd met puisies sukkel. Die skoonheidshuis, Dermalogica, het pas ‘n nuwe reeks produkte bekendgestel wat verligting bring vir ‘n droë en ‘n ontwaterde vel.  Dermalogica Skin Smoothing Cream (R829 vir 50 ml) is geskik vir ‘n ontwaterde vel en bevog dit tot 48 uur lank. Die Dermalogica intensive moisturebalance (R949 vir 50 ml) is spesiaal vir ‘n droë vel geformuleer.  Beide veltipes sal baat vind by die nuwe  Dermalogica intensive moisture cleanser (R499 vir 150 ml) wat die vel se vogvlakke verhoog. Besoekwww.dermalogica.co.za vir meer inligting.

Nuut op die rak

Chanel Eyes Collection 2019 le 4 Ombre  in Blurry Green skep ‘n modieuse voorkoms in skakerings van goud en groen.  R980.

Burt’s Bees Lip Shimmer Peony gee glans én kleur aan droë lippe en bevat natuurlike byewas. R99.

Dermalogica Intensive Moisture Balance herstel ‘n droë vel se vogbalans met ‘n alge en hialuroonsuur. R949 vir 50 ml.

B.O.N Liquid Gold Tissue Oil voed met avokado-, druifpit-, roosbottelolie en vitamien E. R139,95 vir 200 ml.

Aloe Unique Clarifying Facial Toner streel en bevog die vel met aalwyn en oksidante. R99.

Avené Physio Lift Serum verferm en streel ‘n sensitiewe vel. R469,95.

Placecol Excellence Gravity Lift Solution bevat ‘n kragtige mengsel teenverouderingsbestanddele om die vel te verferm.R750.

Refectocil Lash & Brow Booster bevorder digte wimpers en wenkbroue. R550.

Optiphi Body Curve Sculpting Repair Rejuvenating and Smoothing Corrector beveg die voorkoms van selluliet. R850.

2019-08-01T07:25:48+00:00