Dagboek

Vir Augustus

Lééf so… met hart & siel

Iets om te bepeins

“Die uitdrukking van God se onvoorwaardelike liefde het altyd ‘n wonderwerk tot gevolg.” Michale Youssef

Iets om te onthou

Die Bybel sê oor en oor dat ons moet onthóú wat God vir ons gedoen het. Dink gerus vandag oor jou lewe na.

Iets om te bid

Dankie Here. U het my gebede verhoor. Ek wil met alles wat in my is, U loof en prys.

Iets om te verklaar

Ek besef dat U magtig en in staat is om oneindig meer te doen as wat ons kan bid of vra.

Iets om te ontdek

Ons het mekaar nodig. Wonderlike dinge gebeur wanneer ons mekaar in tye van nood ondersteun.

Iets om te glo

Dalk gaan jy deur ‘n moeilike tyd. Wéét dat God ook in die seer tye met jou is.

Iets om te vier

Die lewe is ‘n fees. Maak ‘n punt daarvan om alledaagse gebeurtenisse gedenkwaardig te maak!

Iets om neer te skryf

“Ek wil rustig op God wag, want van Hom kom al my hoop.” Psalm 62:6

Iets om te doen

Ons vind nuwe moed en krag wanneer onsself voor God ootmoedig en sy genade aanvaar.

Dagboek

  • Die AGS Deo Gloria-gemeente se straatmark vind plaas op Saterdag, 3 Augustus, by 10 Waterboomlaan, Proteapark, Rustenburg.
  • Na dertien suksesvolle feesjare is die Leipoldt Kuier vanjaar terug vir ’n veertiende keer en groter as ooit tevore. Die Leipoldt Kuier vind plaas op Saterdag, 10 Augustus, wanneer die gemeenskap en feesgangers van omliggende dorpe bymekaarkom vir ’n lekker kuier op Leipoldtville. Dit beloof ’n dag gevul met optredes deur top-kunstenaars soos Jay du Plessis, Demi Lee Moore, Fatman, Jazelle, Bianca Willemse en Dobbelsteun.
  • Clanwilliam Veldblomskou vind plaas van 23 Augustus tot 1 September en is die jaarlikse viering van inheemse blomme en plante in alle gedaantes in die Blomkerk op Clanwilliam. Die blomskou se tema is vanjaar ‘Harmonie’ wat die klem plaas op die wisselwerking tussen vooruitgang van die landboubedryf en natuurbewaring. Kry meer inligting by http://clanwilliamwildflowershow.co.za/
  • Die gewilde Delheim Kaas & Jazz Fondues vind nog elke Sondag tot 25 Augustus plaas. Kaartjies moet vroegtydig aanlyn bespreek word by Quicket en kos R350 per persoon. Toegang sluit die musiekvermaak, ’n glas tradisionele Glühwein wanneer jy arriveer en die hartlike kaasfondue-maaltyd (met brood en groente) in. Neem kennis dat alle voorgeregte, vleise en nageregte jou ekstra sal kos indien jy dit wil bestel. Wyn is per glas of per bottel beskikbaar. Elke middagete-vertoning duur van 12:00 tot 15:00.
  • Die Proe’toria Proe- en Vermaakfees vind plaas op 31 Augustus by die Pretoria Nasionale Botaniese Tuin. Feeshekke sal om 09:00 op die dag open en die vermaak sal tot 20:00 aanhou. Kaartjies is beskikbaar by https://tickets.tixsa.co.za/event/proe-toria-taste-toria.
2019-07-31T21:14:13+00:00