Leesgoed vir die jongklomp

Kweek van jongs af ’n liefde by jou kinders vir die Woord. Hier is van die jongste lekkerleesboeke vir jou kroos of kleinkinders …

My kreatiewe Bybel vir meisies

My kreatiewe Bybel vir meisies is ’n spesiale tweekleur-uitgawe van die NLV met meer as 500 illustrasies om in te kleur. Die breë kantlyne met plek vir joernaal-inskrywings en 350 woordkuns-teksverse is ideaal vir meisies wat die Bybel en hulle stiltetyd meer persoonlik wil maak.  Hierdie pragtige Bybel spog ook met 366 kort inspirerende oordenkings spesifiek vir jong meisies, asook 50 karakterprofiele van ongelooflike vroue en meisies in die Bybel en 66 onthou-verse om hul verder te lei in hulle stilwordtyd saam met God. Ongeag hoe kunstig hulle is, meisies sal hierdie Bybel vir jare koester. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/catalogsearch/result/?q=*%229781431621392%22*%229781431620449%22*%229781431621385%22.

Stilwordtye saam met God vir meisies

Deur Mallory Larsen

Huiswerk, sport- en kultuuraktiwiteite maak ’n meisie se dag baie gou baie besig. Dit word egter soms so besig dat ’n mens totaal oorweldig voel. Dit is wanneer jy by die Vader moet gaan stil word sodat Hy jou kan vul met sy krag en hoop.  Stilwordtye saam met God vir meisies bied 90 kort, inspirerende gedagtes wat meisies sal bemoedig en versterk. Meisies kan enige tyd van die dag nadink oor hierdie inspirerende oordenkings. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/stilwordtye-saam-met-god-vir-meisies-sagteband.

Vir meisies soos jy

Deur Wynter Pitts

Die ampertiener-jare is ’n baie verwarrende tyd vir kinders, veral vir meisies. Sy is nóg kind, nóg jong meisie, en daar is soveel dinge wat sy moet leer balanseer, soos vriendskappe, skool, huiswerk en buitemuurse aktiwiteite. Dit is ’n tyd waarin sy haar eie identiteit moet ontdek, te midde van die veranderinge wat in haar liggaam plaasvind en die groepsdruk wat sy ervaar. En ongelukkig gaan dit dikwels gepaard met baie verwarring en hartseer. Vir meisies soos jy is inspirerende oordenkings wat ampertiener-meisies lei om hulle ware identiteit in God te ontdek. Die oordenkings, tesame met die selfdink-vrae en aktiwiteite wat hier en daar voorkom, sal hulle bewus maak van God se daaglikse sorg en onvoorwaardelike liefde. So sal meisies geïnspireer word om ’n positiewe selfbeeld te ontwikkel wanneer hulle oë oopgemaak word vir God se waarheid oor wie hulle is in Hom. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/vir-meisies-soos-jy-sagteband.

2019-07-01T09:39:56+00:00