Fliek & musiek

Hier is van die jongste DVD en CD aanbiedinge op die mark vir lekker kyk en luister!

Fireproof (DVD)

Wanneer kaptein Caleb Holt besig is om in brandende geboue brande te bestry leef hy een groot beginsel uit: moet nooit jou spanmaat agterlaat nie. Maar by die huis binne sy eie huwelik lewe hy volgens sy eie reëls en is daar nie sulke beginsels nie. Sy vrou, Catherine, het van kleins af gedroom van ’n perfekte huwelik, dat sy met iemand gaan trou wat haar onvoorwaardelik liefhet en koester, ’n heldhaftige brandweerman soos haar eie pa. Na sewe jaar in ’n huwelik begin sy egter twyfel in hierdie droom en voel dat sy eenvoudig nie “goed genoeg” is vir haar man nie. Daar is aanhoudende argumente wat die paartjie uitmekaar dryf totdat hulle uiteindelik op die punt staan om die huwelik te beëindig. Net voor al die formaliteite vir die egskeiding begin, daag Caleb se pa hom uit om ’n eksperiment vir 40 dae lank te probeer, genaamd ‘The Love Dare’. Caleb stem dan teensinnig in om dit te probeer uit respek vir sy pa. In die proses raak hy keer op keer gefrustreerd en vra uiteindelik vir sy pa hoe hy versonderstel is om iemand lief te wat hom die hele tyd wegstoot. Maar wanneer sy pa vir hom verduidelik dat dít juis die liefde is wat Christus ons gee maak hy ’n lewensveranderinge verbintenis aan God en met God se hulp begin hy verstaan wat dit beteken om sy vrou onvoorwaardelik lief te hê. Hierdie rolprent deur Alex en Stephen Kendrick is ’n kragtige herinnering wat dit neem om te oorwin in jou huwelik. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/fireproof-dvd.

  • Wees ook op die uitkyk vir die Kendrick-duo se nuwe rolprent Overcomer wat op 30 Augustus in teaters regoor Suid-Afrika open.

Grace And Gravity (DVD)

Terwyl hy in Brittanje werk kruis die Amerikaner, John Palmer, paaie met die Britse ateïs, Chris Arnold, wat op die punt is om selfmoord te pleeg deur van ’n brug af te spring. John se pogings om sy Christelike geloof met Chris te deel is tervergeefs aangesien dit vinnig duidelik word dat hy die Bybel in werklikheid beter as John ken en antwoorde op alles het. Gaan John dit regkry om Chris te oorreed om nie selfmoord te pleeg nie? Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/grace-gravity-dvd.

2019-07-01T09:43:01+00:00