Dagboek

Vir Julie

Lééf so… met hart & siel

Iets om oor na te dink

Jy is mooier as wat jy dink. Jy is kosbaar. Kyk verby jou eie twyfel en beperkinge. Sien ‘n slag weer raak wie jy regtig is.

Iets om te probeer

Vervang angstige gedagtes met gesonde gedagtes gevul met vrede, harmonie, hoop, liefde en positiwiteit.

Iets om te bid

“Versterk my vertroue in U, Here, Verhoog my vermoë om op U te vertrou. Dankie Here, vir u antwoorde om my gebede.”

Iets om te verklaar

“Loof die God van die hemel. Aan Sy liefde is daar geen einde nie.” Psalm 136:6

Iets om te vier

Staan ‘n slag vroeg genoeg op om die sonsopkoms in al sy glorie te beleef. Dank God vir die wonder van sy skepping.

Iets om te ontdek

Oranje is die kleur van vreugde en seën. Dit bevat die belofte van ‘n vrugbare plek of posisie en bring heling.

Iets om te glo

“Ek sal by jou wees en jou beskerm waar jy ook al gaan. Ek sal jou nie verlaat nie.” Genesis 28:15

Iets om neer te skryf

“Help my om myself te sien soos U my sien, Here. Help my om meer waarde te heg aan wie ek is en my verhouding met U.”

Iets om te doen

Neem ‘n doelbewuste besluit om met ‘n hart van waardering te leef. Dit sal jou help om jou ware behoeftes in perspektief te plaas.

Dagboek

  • Die Vrystaat Kunstefees vind plaas in Bloemfontein van 1 tot 7 Julie. vrystaatkunstefees.co.za
  • Die derde Vlakvarkfees vind plaas van 5 tot 7 Julie by Aquizi Lodge, sowat 10 km vanaf Cullinan, in die hartjie van die Bosveld. Die gewilde Vlakvarkfees is ‘n byeenkoms van kleur, geur, kultuur en klank. Die fees word aangebied in samewerking met die liefdadigheidsinstansie Caring Daisies. Kaartjies by iTicket beskikbaar. Vir meer besonderhede stuur ‘n epos aan info@aquizilodge.co.za.
  • ’n Koninklike wynervaring vind plaas in die Goudstad op 14 Julie, wanneer twee Kaapse boetiekwynkelders, Luddite en Genevieve MCC, hul spogwyne ten toon gaan stel by die Gaan Groot-middagete by die Urbanologi Restaurant in Johannesburg se middestad. Die ete kos R900 per persoon en kaartjies is beperk. Bespreek jou plek by Sharon by info@luddite.co.za, of skakel 028 284 9308.
  • Mandela-dag word oudergewoonte gevier op 18 Julie en word ‘n uitnodiging aan elkeen van ons gerig om op daardie dag jóú deel vir liefdadigheid te doen.
  • Classics 2019 vind plaas op Saterdag 20 Julie 2019 by die Sun Arena op die Time Square in Musiek van Queen, A Star is Born, The Sound of Music, The Phantom of the Opera, Grease, Barbra Streisand, Céline Dion, Elvis Presley, Bruno Mars, Dolly Parton, Simon and Garfunkel en The Beatles sal opgevoer word en ’n volle simfonieorkes sal sangers op die verhoog begelei. Kunstenaars sluit in; Demi Lee Moore, Jonathan Roxmouth, Elvis Blue, Tarryn Lamb, Corlea, Amira, Touch of Class, Monique Steyn, Kevin Leo, Boki, Timothy Moloi en Jannie Moolman. Kaartjies is beskikbaar by Computicket of Shoprite en Checkers-winkels landwyd. Aanlynbesprekings kan gemaak word by http://bit.ly/LexusClassics2019.
2019-06-30T20:41:06+00:00