Tyd vir jouself

Deur Christine Ferreira | Foto’s Hanneri de Wet & verskaf

Troetel jouself van kop tot toon. Dis goed vir liggaam, siel én gees.

‘Glimlag, dit bring vreugde vir jou en ander. Vergeet van als wat die wêreld jou wil wysmaak, jy’s pragtig en uniek!’ Solange Dessimoulie

Die gezoem van die bye…

Die ikoniese Burt’s Bees reeks skoonheidsprodukte is nou ook in Suid-Afrika te kry.Die Burt’s Bees Beeswax Lip Balm(R99) word van bywas gemaak en is ryk aan vitamien E wat die vel voed en beskerm. Die reeks natuurlike produkte bevat geen skadelike bestanddele nie en respekteer die omgewing te alle tye. Vind uit waar die produkte te koop is by @BurtsBeesZA.

Vog vir jou vel

Vog is die sleutel tot ‘n mooi en gesonde vel.Chanel Hydra Beauty Camelia Water Cream Illuminating Hydrating Fluid (R1 000) bevat kamelia-water en blou gemmer-ekstrak om die vel 24 uur lank te bevog, uit te plomp en te laat straal.  

Meer suurstof!

Die nuwe Filorga Oxygen-Glow reeks produkte laat jou vel gloei deur die toevoer van suurstof na die bloedvaatjies te stimuleer. Die produkte bevat onder meer kappertjie-ekstrak, hialuroonsuur en peptiedes wat die vel se kleur help reguleer. Die reeks bestaan uit vier produkte, naamlik die Filorga Oxygen-Glow [Clean] Clear Skin-Effect super cleanser(R360), Oxygen-Glow [Mask] Super-perfecting express mask(R610), Oxygen-Glow Super-perfectingradiance cream (R725) en die Oxygen-Glow [Eyes] Super-smoothing radiance eye care(R555).

Nuut op die rak

Skin Creamery Oil-Milk Cleanser reinig die vel sagkens en is perfek vir die koue wintermaande. R375.

Nivea Care Shower lemongrass & oil bevat bevogtigende olie-pêrels en het ‘n verfrissende sitrusgeur. R36,99.

Gr8 Skincare Hydrate Vitamin Moisturizer is ryk aan anti-oksidante en beskerm en voed die vel met vitamiene A, C en E. R365.

Crabtree & Evelyn ultra-moisturising hand therapy voed droë wintershande met vitamien E, tiemie-, salie- en roosmaryn-ekstrak. R350.

Beaucience Botanicals Pampering Shower gel is seepvry en bevat versagtende organiese wit wilgebas-ekstrak. R74,99.

Gebruik Inoar Coconut Oil weekliks as haarmasker. Dié suiwer klapperolie is ryk en voedend. R350.

Troetel jou lyf en hande met geurige Morlage & York Apothecary Lemongrass & Verbena Hand & body Lotion. R85.

Dermalogica Prisma protect SPF30 light-activated skin defense beskerm en bevog die vel én bring die natuurlike glans van die vel na vore. R1 099.

Authentic Beauty Concept Replenish Mask is ‘n intensiewe behandelingsmasker wat beskadigde hare voed en versterk. R550.

2019-06-01T10:21:50+00:00