Fliek & musiek

Hier is van die jongste DVD en CD aanbiedinge op die mark vir lekker kyk en luister!

Courageous (DVD)

Die Kendrick-broers se rolprent Courageous vertel die verhaal van vier mans met ’n gemeenskaplike roeping – om te dien en te beskerm. Hulle is elkedagse helde, suksesvolle en hardwerkende polisiemanne, wat probeer om goeie pa’s te wees, maar voel asof hulle tuis net nooit goed genoeg is nie. Hulle sien hoe hulle kinders meer en meer van hulle af wegdryf en wonder of hulle dit ooit sal regkry om die belangrikste mense in hulle lewens – hul kinders te dien en beskerm? Dan is daar ’n tragedie en stoei die mans skielik met hul hoop, vrese, hul geloof en hul vaderskap. Om die gemeenskap as polisiemanne te beskerm is tweede natuur, maar om hul kinders groot te maak soos wat God bedoel –  verg mannemoed. Moet ook nie die Kendrick broers se rolprente War Room en Fireproof misloop nie en hulle nuwe rolprent Overcomer is later vanjaar in Suid-Afrika te sien. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/courageous-dvd

I believe (DVD)

Wanneer die 9-jarige Brian (Rowan Smyth) ’n bonatuurlike ontmoeting met God ervaar, stuur dit hom op ’n avontuurlike soektog na geloof – om uit te vind wat dit is wat Christene werklik glo. Hy ervaar teenstand van die wêreld om hom, veral vanaf sy eie pa Simon (Matt Lindquist), ’n erkende ateïs en TV-nuusman. Brian vind dan ondersteuning by die pastoor by ’n plaaslike kerk (Wilford Brimley) en ’n gewonde VSA soldaat (Jeremy London). Brian se onskuldige geloof is ’n eg en eerlike openbaring van God se krag en word vinnig brekende nuus. Hierdie rolprent is vol wonderwerke en avontuur. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/i-believe-dvd

 

Iron Lung Martin Smith (CD)

Martin Smith se nuwe CD Iron Lung volg na sy suksesvolle 2018 album Love Song For A City en spog met die nuwe enkelsnitte “Great and Glorious” en “Fire’s Gonna Fall”. Hierdie CD is Martin Smith op sy beste en perfek vir lofsang in stadions, groot gemeentes, kleiner gemeentes en tuis. Elke snit op hierdie album is dapper, impakvol, intiem, eerlik en kwesbaar, met die titelsnit “Iron Lung” ’n biografiese temalied wat die verhaal vertel van hoe hy kort na sy geboorte brongiale longontsteking opgedoen het en hy in ’n ysterlong in die hospitaal geplaas is. Sy pa het tydens hierdie moeilike en onsekere tyd tot God gebid en belowe dat hulle hul seun aan Hom sal toewy sou hy dit oorleef. “My pa het met God onderhandel en my gestrand gelaat in Sy liefdevolle omhelsing,” sê Smith. “Ek het Sy asem in my longe gevoel en begin om vir Hom te sing”. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/iron-lung-cd

Top 50 Praise Songs –  O Praise The Name (3 CD-stel)

Maranatha! se nuwe Top 50 Praise Songs – O Praise The Name is perfek vir diegene wat opsoek is na ’n samehangende lofprysingservaring. Met die drie CD’s bied hierdie album talle geliefde en gewilde lofprysingsliedere en nog meer, perfek vir lofprysingsgroepe, kerkleiers, om saam te sing as gemeente of sommer net om te geniet in die privaatheid van jou eie huis. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/top-50-praise-songs-o-praise-the-name-3cd

2019-06-01T13:41:49+00:00