Leesgoed vir die jongklomp

Kweek van jongs af ’n liefde by jou kinders vir die Woord. Hier is van die jongste lekkerleesboeke vir jou kroos of kleinkinders …

God hoor wanneer jy bid

Deur Agnes en Salem de Bezenac

Kinders tussen 3 en 6 jaar ontdek die seën van gebed met behulp van Psalm 34 en die Ons Vader-gebed. Terwyl hulle die maklik verstaanbare parafrases saam met die oorspronklike Bybelgedeeltes lees, sal hulle ontdek waarvoor hulle alles kan bid en hoe God wil hê hulle moet bid. Die kleurvolle illustrasies en prettige karakters sal ouers en kinders se verbeelding aangryp en kinders sal besef hoe baie God daarvan jou om met hulle te praat. Agnes en Salem de Bezenac is professionele grafiese kunstenaars en spesialiseer in die skep van kinderboeke en multimedia-produksies. Salem is al sedert 1997 betrokke by musiekvervaardiging en komponeer musiek vir flieks. Agnes is ’n outeur en illustreerder van kinderboeke. Sy het ook 10 jaar ervaring as kleuterskool- en laerskool-onderwyseres. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/god-hoor-wanneer-jy-bid-hardeband.

God is altyd by jou

Deur Agnes en Salem de Bezenac

Kinders tussen 3 en 6 jaar ontdek met behulp van Psalm 121 en Psalm 91 dat God altyd by hulle is en vir hulle omgee. God is altyd by jouis die perfekte bekendstelling aan hierdie twee psalms en verseker die kleingoed van God se belofte dat Hy altyd by hulle is en vir hulle omgee. Klein hartjies sal hierdie psalms beter leer ken terwyl hulle die maklik verstaanbare parafrases saam met die oorspronklike Bybelgedeeltes lees. Die kleurryke illustrasies en prettige karakters sal ouers en kinders se verbeelding aangryp terwyl hulle God se hand in hulle lewe begin sien. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/god-is-altyd-by-jou-hardeband.

My eerste Bybel met onthouverse

My eerste Bybel met onthou-verse is ideaal vir ouers wat God se Woord in hulle kleingoed se harte wil vestig deur Bybelversies te memoriseer. 22 bekende Bybelversies se betekenis word binne Bybelse konteks aan 3- tot 6-jariges verduidelik en dan word hulle aangemoedig om dit te herhaal om dit te memoriseer. ’n Handige handvatsel en knip laat hulle toe om die boekie oral saam met hulle te dra. Dit is ook in Engels beskikbaar as My First Memory Verse Bible. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/my-eerste-bybel-met-onthou-verse-sponsgevulde-hardeband-met-handvatsel.

One-Minute Mysteries & Brain Teasers

Deur Sandy Silverthorne & John Warner

Lesers van alle ouderdomme sal die 70 prettige brein-knoop raaisels en logiese antwoorde in hierdie boekie baie geniet. Die raasels met hulle antwoorde word in aparte afdelings aangebied en sal sorg vir ure se pret.

Sandy Silverthorne skryf en illustreer al boeke sedert 1988 en het meer as 600 000 kopieë in druk. Sy topverkoper-boek Great Bible Adventure-reeks het meer as 180 000 kopieë verkoop en word wêreldwyd vesprei in agt verskillende tale. Hy het ook lank saam met Focus on the Family gewerk, Universal Studios, asook die Charlotte Hornets. John Warner het ’n graad in besigheidsadministrasie en bestuur sy eie spysenieringsmaatskappy.  Hy woon saam met sy vrou en drie kinders in Oregon in die VSA.

2019-03-31T11:01:55+00:00