Tyd vir jouself

Deur Christine Ferreira | Foto’s Hanneri de Wet & verskaf

Troetel jouself van kop tot toon. Dis goed vir liggaam, siel én gees.

“Geluk is die ware geheim van skoonheid. Daar is geen skoonheid sonder geluk nie.” Christian Dior

Op ‘n geurige noot

  • Chanel Chance Eau de Parfum is pas bekendgestel. Die reeks van vier verskillende geure het ‘n hart van vars en sprankelende blomgeure. R1 615 vir 50 ml.
  • Sisley Izia Bath & Shower Gel (R1 290) en Body Lotion (R1 040) omvou jou met die luukse geur van roos, sitrus en muskus.

Bederftyd

Ek het onlangs die voorreg gehad om by die SPA at Fairlawns in Gallo Manor, Johannesburg te kuier. By dié lieflike spa word jy weggevoer na ‘n plek van rus en vrede, kompleet asof jy iewers op ‘n eksotiese eiland vakansie hou. Die tuine en buitelug-ontspanningsareas is uit die boonste rakke en ‘n salige vollyfmassering het my volkome laat ontspan. Die ideale plek vir ‘n oggend of middag op jou eie om weer jou batterye te herlaai. Vir meer inligting besoek www.fairlawns.co.za. Kontaknommer (011) 808 7300.

Dis ikonies!

Om Elizabeth Arden Eight Hour Cream se 88e verjaarsdag te vier word die ikoniese skoonheidsproduk nou in ‘n spesiale verpakking (vir ‘n beperkte tydperk) verkoop. Dié room streel droë vel, hare en lippe sonder weerga. Die beperkte uitgawe reeks produkte sluit in: The Original Eight Hour Cream Skin Protectant (R299) en die Eight Hour Cream Lip Protectant Stick SPF 15 (R235).

Vir sagte voete

Die Happy Feet Sander is ‘n voetskuurder wat plaaslik ontwikkel is deur Martin Taljaard. Die voetskuurder se geronde vorm en gerieflike handvatsel maak dit maklik om te gebruik. Die skuurder lewer uitstekende resultate en die skuurvelletjie kan boonop van tyd tot vervang word. Die Happy Feet Sander kos R80 en kan bestel word by tallieswashingline@gmail.com.

Nuut op die rak

Optiphi Intense Retinol Serum span die jongste tegnologie in om vernuwende retinol aan die vel te voorsien. R1 362.

Gliss Hair Repair Shampoo Magnificent Strength help om hare sterk en gesond te hou. R52,99.

Elizabeth Arden Beautiful Color Liquid Lip Lacquer gee glans aan enige voorkoms. R299.

Essence I love extreme curl & volume mascara gee volume aan selfs die ylste wimpers. R59,95.

Eucerin Photoaging Control 50+ Sun Lotion Extra Light beskerm die vel teen veroudering wat deur die son veroorsaak word. R214,99.

Filorga NCEF Night Mask laat jou wakker word met ‘n vel wat, glo my, voorwaar varser en jonger lyk! R899.

Catrice HD Liquid Coverage Foundation laat die vlek vlekloos mooi. R149,95.

Sk.in marvel hydro shot en sk.in gloss radiant shot vernuwe die vel met ‘n kragtige dosis aktiewe bestanddele. Vanaf R1 050.

Kies Mavala se romantiese Blush Collection in skakerings van pienk vir jou naels. R87 elk.

2019-01-31T18:02:51+00:00