Leesgoed vir die jongklomp

Kweek van jongs af ‘n liefde by jou kinders vir die Woord. Hier is van die jongste lekkerleesboeke vir kleingoed en tieners…

Geïllustreerde oordenkings vir dogters

Deur Carolyn Larson

Dié boek is propvol pret! Elkeen van die 366 dagstukke bevat ’n kort oordenking, wat afgerond word met ’n gebed, en ’n ontwerpte teksvers wat ingekleur kan word. Die oordenkings is die perfekte gids vir dogters wat met moeilike lewensituasies begin stoei, soos cool-wees, uitgaan, beste vriende en groepsdruk. Die oordenkings is geneem uit Eenminuut-oordenkings vir dogters, geskryf deur bekende outeur Carolyn Larson. Die sleutelverse by elke dagstuk is pragtig ontwerp, sodat die waarheid van die Skrif in jong harte vasgelê kan word terwyl hulle die vers inkleur. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/geillustreerde-oordenkings-vir-dogters-sagteband.

Word ’n volgeling van Jesus

 Deur Dave Strehler

Dit is belangrik dat kinders al van ’n jong ouderdom af verstaan wat dit beteken om gered te word. Word ’n volgeling van Jesus is ’n evangelisasie-boekie wat hulle juis hiermee sal help. In hierdie boekie leer topverkoper-outeur Dave Strehler kinders alles wat hulle moet weet oor die Skepper, Sy liefde vir ons en hoe Jesus ons kom red het. Die eenvoudige teks met prettige illustrasies en Skrifverwysings sal kinders help ontdek hoe hulle ook kinders van God kan word, hoe hulle lewens sal verander nadat hulle gered is, hoe hulle in hul geloof kan groei, hoe om die Bybel te lees, te bid en vele meer. Ander unieke kenmerke sluit in: plek waar hulle kan aanteken wanneer hulle hul lewe vir Jesus gegee het, drie lyste wat hulle help om Bybelverse te vind oor spesifieke onderwerpe soos geloof, kern-Bybelverhale en verse vir wanneer hulle hartseer, bang of eensaam voel en aanwysings hoe om hulle eie verlossingsarmband te maak. Die boek is ook beskikbaar in Engels, Zulu, Xhosa en Sesotho. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/word-n-volgeling-van-jesus-sagteband.

The Berenstain Bears Stand Up To Bullying

Deur Mike Berenstain

Afknouery en boelies is ’n wêreldwye probleem en Suid-Afrika is beslis geen uitsondering nie. Help jou kind om afknouery te herken of keer dat hy of sy self in ’n boelie verander. Hierdie boek is dus ’n goeie keuse vir elke kleinding se boekrak. Almal weet Too-Tall Grizzly en sy bende is boelies. Maar selfs boelies kan geboelie word en die gekose slagoffer in die bende is Skuzz. Die bende besluit om appels op Boer Ben se plaas te gaan gaps en Skuzz word deur sy bende-maats gekies om die een te wees wat hoog in die appelboom moet klim. Maar dan gly hy en moet vreesbevange aan een van die takke hang terwyl hy om hulp skree. Sy maats begin hom dan spot. Gelukkig sien mevrou Ben wat gebeur en snel hom te hulp. In die proses leer sy hulle hoekom dit verkeerd is om te boelie en vertel vir hulle van die lesse wat ons kan leer uit die Bybel soos die verhaal van Josef en sy broers. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/the-berenstain-bears-stand-up-to-bullying-paperback.

Life Talk with God

Deur Izabella Gates

Om ’n tiener te wees is nie grappies nie en tieners word elke dag gebombardeer met talle kwellende vrae en moeilike keuses. Life Talk With God is ’n moet-lees gids vir elke jongmens wat op soek is na reguit en eerlike antwoorde om hulle te help met al die moeilike besluite wat hulle daagliks moet neem oor die lewe. Hierdie boek bespreek 85 temas soos onder andere: Jou verhouding met God, grense wat jy vir ander moet stel en selfdisipline. Dwelms, alkoholisme, pornografie, loopbaankeuses en sukses, kwessies soos sosiale media, depressie en gesonde gewoontes word ook aangespreek. Izabella Gates beantwoord hierdie kwelvrae op ’n reguit en eerlike manier, en op ’n wyse wat jongmense sal verstaan en vertrou. Sy help hulle ook om te sien wat God se wil vir hulle is en hoe hulle dit kan uitleef. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/life-talk-with-god-softcover.

2019-01-30T09:55:07+00:00