Leesgoed vir kleingoed

Kweek van jongs af ‘n liefde by jou kinders vir die Woord. Hier is van die jongste lekkerleesboeke vir kleingoed..

Jesus-avonture vir kaalvoeters

Deur Cor en Letitia Uys

Oom Karoolus en Lente is bekende karakters vir die Suid-Afrikaanse kleinspan. In hierdie boek deel Cor en Letitia Uys 24 lekker-lees-avonture van dié twee geliefde karakters. Oom Karoolus leer in hierdie pragtige boekie vir Lente en al haar mense-maats sommer baie nuwe dinge. Lesertjies sal sien hoe kosbaar hulle vir Jesus is terwyl hulle leer van God se spesiale boek, die besonderse reënboog wat Hy vir ons gegee het, hoe hard miertjies kan werk, dat God ons altyd veilig sal hou en ons nooit ooit sal vergeet nie, en vele meer. Elke storie bevat ook ’n spesiale Bybelvers om te onthou, en bied ook die volgende belangrike uitdagings om kinders te help groei: Watter nuwe woord jy vandag geleer het, ’n doen-ding en iets om oor te gesels en eindig met ’n gebed wat alles mooi saamvat. Die boek sluit ook ’n gratis CD met 10 lekker saamsing-liedjies in. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/jesus-avonture-vir-kaalvoeters-hardeband-met-cd.

Snowy en sy maats

Deur Angus Buchan

Die bekende perd Snowy is terug! En hierdie keer deel Snowy saam met van sy beste maats op die plaas hul stories. Die kleingoed sal nie net die stories baie geniet nie, maar ook heelwat lewenslesse leer soos die keer wat die lammetjie Mê weggedwaal het van sy mamma, of toe Rooies die haan in die moeilikheid beland het omdat hy nie na goeie raad wou luister nie. Elkeen van die 11 stories, met sorg geskryf deur bekende evangelis Angus Buchan, word ook gekomplimenteer met ’n teksvers en gebed. Kinders tussen 5 en 8 jaar sal ook die pret aktiwiteite saam met elke storie geniet. Belangrike lewenslesse oor gehoorsaamheid, omgee vir ander, vriendelikheid, vertroue op God en vele ander word in hierdie boekie op ’n prettige en verstaanbare manier vir die kleingoed oorgedra. Hierdie boekie is ook in Engels beskikbaar. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/snowy-en-sy-maats-hardeband.

’n Doodle-Dagboek vir meisies

Deur Nancy Taylor

Om te doodle help met konsentrasie, bevorder kreatiwiteit en help om jou gedagtes te orden. Dié dagstukkieboek bevat inspirerende dagstukkies spesiaal vir meisies. Daar is twaalf temas, elk met vyf stukkies. Meisies word by elke dagstuk aangemoedig om te krabbel om kreatiwiteit aan te wakker. Terwyl meisies in hierdie boek krabbel, sal hulle meer oor hulself leer, ook wie Hy is en wie Hy wil hê hulle moet wees. Hoe meer meisies oor God leer, hoe meer sal hul hulself verstaan en hoe gelukkiger sal hulle wees met wie hulle is. Dié boek is beskikbaar vanaf Januarie 2019. Jy kan jou kopie vooraf bestel by https://www.cumbooks.co.za/n-doodle-dagboek-vir-meisies-sagteband.

‘n Doodle-Dagboek vir kinders

Deur Nancy Taylor

Kinders hou daarvan om te krabbel – klein woordjies en prentjies in verskillende kleure en letters. Om te krabbel bevorder kreatiwiteit en help met konsentrasie en om jou gedagtes te orden. In hierdie dagboek gebruik Nancy Taylor juis hierdie belangstelling om kinders te help om in hul geloof te groei. Die 60 oordenkings, geïnspireer deur bekende stories uit die Ou en Nuwe Testament, bevat ook joernaalwenke wat kinders inspireer om op ’n onvergeetlike maner tot God te nader. Die stories sluit in; stories oor die Skepping, die groot vloed, die gelykenis van die seun wat weggeloop het en Jesus wat op die water geloop het. Elke oordenking gee ook ’n voorstel van iets wat die kind kan teken of neerskryf om hulle te help om hulle geloof op ’n kreatiewe manier uit te druk. Dié boek is beskikbaar vanaf Januarie 2019. Jy kan jou kopie vooraf bestel by https://www.cumbooks.co.za/n-doodle-dagboek-vir-kinders-sagteband

My eie klein belofte-Bybel

Deur Dave Strehler

In My eie klein belofte-Bybel help Dave Strehler kinder tussen 6 en 10 jaar om God se liefde te ontdek deur die beloftes in sy Woord. Die beloftes wat behandel word, is afkomstig uit hoofsaaklik vyf gedeeltes van die Bybel, naamlik; kragtige beloftes geweef in die lewens van mense wat God vertrou het, kosbare beloftes van God se sorg in Psalms, beloftes van hoop in die profete se boodskappe, Jesus se vertroostende beloftes aan sy volgelinge en die opwindende beloftes in briewe wat Godvresende leiers aan nuwe gelowiges geskryf het. Dié boek is beskikbaar vanaf Januarie 2019. Jy kan jou kopie vooraf bestel by https://www.cumbooks.co.za/my-eie-klein-belofte-bybel-hardeband.

My eie klein gebede-boek

Deur Dave Strehler

In My eie klein gebede-boek leer Dave Strehler kinders tussen 6 en 10 jaar hoe om te bid. Die gebedeboekie met pragtige illustrasies is verdeel in vier afdelings:

  • Lofgebede (om God te loof en prys).
  • Vra-gebede (om vir spesifieke behoeftes te vra).
  • Dankgebede (om vir God dankie te sê).
  • Geselsgebede (om met God te praat oor alles wat jy wil hê wat Hy moet weet).

Die agt onderwerpe onder elke afdeling bevat ’n kort gebed, ’n oordenking, sleutelvers en iets prettigs om te doen. Die boek sluit af met ’n afdeling met gebede vir spesiale geleenthede.Dié boek is beskikbaar vanaf Januarie 2019. Jy kan jou kopie vooraf bestel by https://www.cumbooks.co.za/my-eie-klein-gebede-boek-hardeband.

2018-12-01T14:55:57+00:00