Fliek & musiek

Hier is van die jongste DVD en CD aanbiedinge op die mark vir lekker kyk en luister!

Only Jesus (CD) Casting Crowns

Met dié CD daag die gewilde groep Casting Growns elkeen van ons uit om te fokus op een Persoon, naamlik Jesus. Ons word herinner aan Jesus se glorie deur snitte soos “Starts Right Here,” “One Awkward Moment,” “Wake Up This Sleeper,” “Even When You’re Running,” “One More Song For You,” en vele meer.  Hoofsanger Mark Hall sê die volgende oor die titelsnit van die CD: “Die woord nalatenskap is deesdae op almal se lippe. Hoe wil ons onthou word? En hoe meer ek daaroor nadink hoe meer word ek herinner dat die dinge binne my wat die moeite werd is om te onthou, die dinge is wat Jesus vir my gegee het, wat Hy binne my bewerkstellig het en nog steeds besig is om te doen. Op my eie het ek nie veel om die wêreld te bied nie.  Jesus is die enigste naam wat ons behoort te onthou.” Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/only-jesus-cd.

Wild (CD) Sean Feucht

Dié album is regstreeks by die Bethel Church opgeneem en is Sean Feucht se eerste album as Bethel Music-kunstenaar en die sewentiende van sy loopbaan. Dit spruit uit die konsep van Jesus as die “Wild One” en hoe Hy ’n lewe van radikale gehoorsaamheid en geestelike vrymoedigheid in geloof voorstel. Feucht se passie vir sendingwerk is duidelik sigbaar in snitte soos “Till The Whole Earth Looks Like Heaven”, “Hearts and Hands”, en “Wild One.” Hy het hierdie liedjies geskryf vanuit sy persoonlike ervaring as toegewyde sendeling en die vreugde wat hy daaruit put om die evangelie regoor die wêreld te kan verkondig, vanaf oorloggeteisterde gebiede soos Irak na die ondergrondse kerk in China. Feucht sê gereeld: “Om die evangelie te versprei is nie harde werk nie, dit is my roeping.” Met hierdie CD roep Feucht  alle gelowiges om na die uithoeke van die aarde te gaan en die evangelie van God te verkondig. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/wild-cd.

Holy Roar (CD) Chris Tomlin

Die gewilde en suksesvolle Christelike sanger en liedjieskrywer, Chris Tomlin, het reeds meer as 8 miljoen albums en 11,3 miljoen digitale snitte wêreldwyd verkoop. Hy spog met soveel as 16 nommer een-enkelsnitte en ’n lang lys toekennings waaronder ’n Grammy®, 21 Dove Awards, BMI Songwriter of the Year Award en ’n Sound Exchange Digital Radio Award. Sy nuwe album, Holy Roar, bevat sy nuutste enkelsnit “Nobody Loves Me Like You” wat pas bekendgestel is en reeds baie gewild is. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/holy-roar-cd.

2018-10-31T18:32:10+00:00