Fliek & musiek

Hier is van die jongste DVD en CD aanbiedinge op die mark vir lekker kyk en luister!

Confident | Louie Giglio

Vertroue. Dis ’n kwaliteit wat almal van ons na strewe en almal wil graag sukses in die lewe behaal. Jou vertroue word egter bepaal deur dit wat jy op fokus. Trouens, jou vlak van vertroue wissel gedurig, afhangende van wat of wie jy is en waarop jy op die spesifieke tyd in jou lewe fokus. Die sleutel tot volgehoue vertroue is dus om iets te kry wat onveranderlik, standvastig en seker is. Met die DVD Confident help pastoor Louie Giglio en Passion City Church ons om ons oë op Jesus te rig en hoe Sy beloftes deur die eeue heen vir ons daardie onveranderlike, standvastige en sekere vertroue kan bring. Van die onderwerpe wat in die DVD aangespreek word is:

  1. Confident in the Messy Middle
  2. Storm Warnings: Learning to Worship in the Midst of Life’s Greatest Tests [Aaron Coe]
  3. The Glorious Comma
  4. Your Promise Still Stands
  5. Confident Prayers

Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/confident-dvd.

The Loft House

Boet het as ’n klein seuntjie gesien hoe sy ma selfmoord pleeg en is daarna deur sy pa by ’n koshuis afgelaai en vergeet. Boonop is hy daar nooit werklik deur sy portuurgroep aanvaar nie. Dus, stoei hy vandag met heelwat euwels van sy verlede. Hy is ’n vrygewige en kreatiewe jongman wat nie die seun is wat sy moeilike en sterwende pa eis nie. Hy rebelleer teen sy erfenis, as boerseun, en ontsnap dan deur die pad van dwelmverslawing en ’n losbandige lewe te kies. Wanneer ’n onwettige transaksie in kuns lelik skeef loop en hy amper sy lewe in die proses verloor, besluit hy om terug te gaan huis toe. Daar word hy gekonfronteer deur sy pa se dood en ’n langverlore broer wat hy nooit van geweet het nie. Hy vind homself weer in die kothuis waar sy ma haarself gehang het en so begin ’n reis van vergifnis en herstel. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/the-loft-house-dvd.

Nuwe dinge – Neville D

Die titelsnit van hierdie album, “Nuwe dinge” is ’n getuienis van waaroor die CD gaan. Gewilde sanger Neville D vertel hoe die besondere liedjie deur sy lewe soveel mense se lewens geraak het en hulle en homself deur moeilike tye gedra en weer nuwe hoop gegee het.

Die CD spog met 11 tradisionele liedjies wat hy tydens sy kinderjare gesing het en twee nuwes wat hy self geskryf het. Neville D vertel: “Ek wou nog altyd ’n album opneem om my erfenis te vier, waar ek vandaan kom en waar alles begin het. Hierdie album is dus vir my baie spesiaal omdat dit liedjies is wat ek in my kinderjare gesing het en liedjies wat bygedra het tot wie en wat ek vandag is.”

Wat die album ook besonder maak is die 16 gaskunstenaars wat saam met hom opgeneem het. Die album is vanaf 20 Oktober 2018 beskikbaar en daarna sal Neville D ook te sien wees met sy “Nuwe Dinge” toer wat op 26 Oktober afskop. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/nuwe-dinge-cd.

Burn The Ships – For King & Country

Grammy-wenners For King & Country is terug met hul nuwe CD Burn The Ships. Hierdie album vertel van dit wat mens uit jou verlede kan leer en hoe jy dan daardie kennis gebruik om jou toekoms aan te pak. Joel Smallbone van die groep vertel: “Soos baie mense, was ons eie reis nie altyd net maklik nie, maar ons het gesien dat dit moontlik is om uit die stof op te staan, weg te stap, en die toekoms met ’n lied in die hart aan te pak, ten spyte van die seer van die verlede.” Hy sê verder hulle hoop die musiek op die album sal mense positief inspireer. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/burn-the-ships-cd.

2018-09-30T12:02:11+00:00