Leesgoed vir kleingoed

Kweek van jongs af ‘n liefde by jou kinders vir die Woord. Hier is van die jongste lekkerleesboeke vir die jongklomp..

Verhale uit die Bybel vir jong gelowiges

Deur Dave Strehler

Die Bybel is propvol wonderlike stories oor mense wat groot dinge vir die Here gedoen het. Van die mense was van nature sterk en dapper, soos Simson. Ander was stiller en meer saggeaard, soos Daniël en Rut. Maar hulle almal was lief vir God en het groot dinge vir Hom gewaag. Hierdie opwindende dagboek vir kinders sal hulle op ’n reis deur die Bybel neem en vertel die verhale van verskillende helde wat fantastiese avonture beleef het. Die indeks agter in die boek sal lesers na ’n spesifieke tema lei waaroor hulle dalk wonder, soos byvoorbeeld God se plan vir my lewe, hoop, verskillende gelowe en wonderwerke. Elke dagstukkie sal kinders help om die lesse wat die Bybelhelde geleer het in hulle eie lewe toe te pas. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/verhale-uit-die-bybel-vir-jong-gelowiges-sagteband.

Jesus-avonture vir kaalvoeters

Deur Cor en Letitia Uys

Oom Karoolus en Lente is bekende karakters vir die Suid-Afrikaanse kleinspan. In hierdie boek deel Cor en Letitia Uys 24 lekker-lees-avonture van dié twee geliefde karakters. Oom Karoolus leer in hierdie pragtige boekie vir Lente en al haar mense-maats sommer baie nuwe dinge. Lesertjies sal sien hoe kosbaar hulle vir Jesus is terwyl hulle leer van God se spesiale boek, die besonderse reënboog wat Hy vir ons gegee het, hoe hard miertjies kan werk, dat God ons altyd veilig sal hou en ons nooit ooit sal vergeet nie, en vele meer. Elke storie bevat ook ’n spesiale Bybelvers om te onthou, en bied ook die volgende belangrike uitdagings om kinders te help groei: Watter nuwe woord jy vandag geleer het, ’n doen-ding en iets om oor te gesels en eindig met ’n gebed wat alles mooi saamvat. Die boek sluit ook ’n gratis CD met 10 lekker saamsing-liedjies in. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/jesus-avonture-vir-kaalvoeters-hardeband-met-cd.

My skooldagboek 2019

Hierdie is ’n nuttige en praktiese dagboek, spesiaal saamgestel om die jong leerders te help met hul skoolwerk en hul dae met pret te vul. Kinders sal elke dag herinner word hoeveel pret hulle self in hul skooldae kan inbring. Dié dagboek bied die volgende: ’n Bemoedigende Skrifgedeelte of aanhaling vir elke week; ’n jaarkalender vir 2019 en ’n lys met skoolkwartale en openbare vakansiedae; landkaart van Suid-Afrika met die provinsies en hul hoofstede; lys woorde wat gereeld verkeerd gespel word en ʼn lys homofone; ’n plek om boeke neer te skryf wat deur die jaar gelees word; ruimte vir huiswerkopdragte, skooltake en ’n klas- en eksamen- of toetsrooster; vermenigvuldigingstafels; boekmerke en kaartjies om in te kleur en uit te sny en prentjies om in te kleur en plek vir notas en persoonlike inligting. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/my-skooldagboek-2019-sagteband.

2018-08-31T17:28:05+00:00