Fliek & musiek

Hier is van die jongste DVD en CD aanbiedinge op die mark vir lekker kyk en luister!

Unmiracle

Unmiracle is ’n aangrypende drama wat handel oor hoop. Wanneer die gewildste meisie in die skool ’n oordosis dwelms neem en in ’n koma beland, reageer almal in die dorp op hul eie manier. Elkeen se storielyn en hul hantering van die tragedie het ’n impak op mekaar. Die antwoord bly egter, sal Christus verlossing en troos bring? Met Stephen Baldwin en Kevin Sorbo. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/unmiracle-dvd

Mercy & Love The Collingworth Familiy 

Opwinding, geestelike salwing, ’n fokus op gesinsverhoudings en musikale uitnemendheid is maar ’n paar van die dinge wat jy kan verwag wanneer jy ’n lofprysingsaand van die Collingsworth-familie bywoon. Nou kan jy dit ook in jou motor of by die huis beleef en geniet met hulle CD Mercy & Love. The Collingworth-familie het in Augustus 1986 met hul lofprysingsoptredes by ’n kerkkamp in Petersburg, Michigan, begin. Vandaar het hulle as groep uitgebrei totdat hulle dit metertyd voltyds begin sing het. Hulle toer gereeld deur die  Verenigde State en ook internasionaal. Hierdie CD bevat 14 liedjies wat noukeurig gekies is, elk met ’n besonderse boodskap. Die musikale verwerking  is pragtig en opwindend met klassieke snitte soos “ It Runs In The Family” en “For What Earthly Reason” sowel as nuwe snitte soos “Mercy & Love” en “The Lamb”.

Look Up Child Lauren Daigle

Hierdie CD deur die platinum-topverkoper kunstenaar Lauren Daigle in nie net ’n persoonlike getuienis nie, maar bevat ook 13 snitte waarin sy haar unieke styl en kragtige stem vertoon. Snitte soos “You Say”, “Still Rolling Stones” en ’n spesiale weergawe van “Turn Your Eyes Upon Jesus” en ander is ’n voorbeeld van hoe Daigle deur en saam met haar musiek gegroei het. Sy wys hoe elkeen van ons vertroue moet hê in ons eie identiteit as kinders van God. Daigle wat self van Louisiana in die VSA kom het inspirasie gevind uit groot geeste soos Roberta Flack en Aretha Franklin en dit gee ook aan die album ’n baie sielvolle klank. As jy na hierdie CD luister word jy herinner om vreugde the vind te midde van jou strewe na sukses en om altyd vas te hou aan die hoop wat ons Jesus vind.

2018-08-30T20:41:43+00:00