Musiek

Hier is van die jongste CD aanbiedinge op die mark vir lekker kyk en luister!

Sing! Live at the Getty Music Worship Conference 

Deel in die sang van duisende mense wat die eerste Sing! Conference in Nashville bygewoon het. Hierdie CD bevat van die hoogtepunte van die geleentheid, gelei deur die bekende Keith en Kristyn Getty wat veral bekend is vir die skryf van moderne lofliedere. Kunstenaars wat ook by die geleentheid opgetree het, sluit in Joni Eareckson Tada; Laura Story; Bob Jordan, Devon Kauflin, Matt Boswell en vele meer. Die doel van die Sing! Conference is om predikers, aanbiddingsleiers en kerkleiers te help met ’n Bybelse begrip en kreatiewe visie vir lofsang en aanbidding in hul gemeentes. Keith en Kristyn het al heelwat suksesvolle albums vrygestel en ook al by verskeie geleenthede opgetree. Daar word geskat dat hulle gewilde moderne lofliedere deur sowat 100 miljoen mense wêreldwyd in kerke gesing word. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/sing-live-at-the-getty-music-worship-conference-cd.

I am reminded The Brooklyn Tabernacle Choir Live (CD)

Die Brooklyn Tabernacle Choir is veral bekend daarvoor om ’n nuwe aanslag aan gevestigde lofliedere te gee. Dié bekende koor is nie minder nie as ses keer met ’n Grammy ® toekenning bekroon. En is dié album boonop die koor se dertigste CD op die rak! As jy hou van wêreldklas koormusiek en pragtige solo optredes wat jou geestelik verryk, is hierdie album ’n moet. Van die 11 snitte op die album is daar ook vyf oorspronklike komposisies geskryf deur die koor se stigter, Carol Cymbala, asook ander lede van die koor. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/i-am-reminded-cd.

Easter Journey 

Easter Journey spog met 14 pragtige snitte wat fokus op seker een van die belangrikste vieringe van die Christelike kalender – Paasfees. Met snitte van kunstenaars soos Kari Jobe, Chris Tomlin, Passion en vele meer, asook nuwelinge Carrollton en Cody is hierdie album ’n moet vir ’n ieder en ’n elk. Easter Journey is eksklusief in Suid-Afrika beskikbaar. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/easter-journey-cd.

Blackout Steffany Gretzinger

Blackout is Bethel Music sangeres Steffany Gretzinger se jongste album. Sy wil met hierdie album vertel dat selfs wanneer die lewe vir jou chaoties voel, daar ’n Lig is wat van binne skyn wat nie maklik uitgedoof kan word nie. “Dit gaan daaroor om met vreugde te kan dans, terwyl trane teen jou gesig afstroom, omdat jy weet dat die lewe jou sterker maak deur terselfdertyd te juig en te rou” sê Gretzinger. Die titelsnit het sy oorsprong uit Gretzinger se eie persoonlike ervarings. Sy glo dat die Lig wat ons van binne ervaar op sy helderste skyn in die donkerste tye. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/catalogsearch/result/?q=Blackout

2018-04-06T10:35:07+00:00