Fliek & musiek

Hier is van die jongste DVD en CD aanbiedinge op die mark vir lekker kyk en luister!

Christmas: God is with Us Jeremy Camp (CD)

Christmas: God With Us is Jeremy Camp se eerste Kersfees-album. Hy slaag perfek daarin om ou klassieke Kersfees-liedere ’n nuwe klank te gee. Met hierdie album trek hy sy rock-n-roll skoene aan met snitte soos “Jingle Bell Rock” en “Let It Snow,” en gee hy ’n moderne klank en ritme aan klassieke liedere soos “Hark! The Herald Angels Sing”. Jeremy bied met hierdie album vermaak aan die luisteraar, maar verloor nooit die ware betekenis van Kersfees nie. Bestel die album by https://www.cumbooks.co.za/

Adore: Christmas Songs of Worship Chris Tomlin (CD)

Adore: Christmas Songs of Worship is Chris Tomlin se tweede Kersfees-album, met gaskunstenaars soos Lauren Daigle, All Sons & Daughters, Kristyn Getty en vele meer. Hierdie album is ’n ideale mengsel van ou gewilde gunstelinge en vernuwende musikale weergawes van bekende Kersliedere. Bestel die album by https://www.cumbooks.co.za/

Oh For Joy David Crowder Band (CD)

Oh for Joy is David Crowder Band se eerste Kersfeesalbum. Die album spog met gewilde Kersliedere soos “Joy To the World,” “The First Noel,” “Oh Holy Night,” “Silent Night” en vele meer. Hierdie tradisionele liedjies word egter vertolk soos wat net David Crowder Band dit kan doen en is ’n bewys van hulle onmiskenbare kreatiwiteit en oorspronklikheid. Hulle kry dit met hierdie album reg om bekende Kersliedere te omskep in iets vars en nuut. Bestel die album by https://www.cumbooks.co.za/oh-for-joy-cd

These Christmas Lights (CD)

These Christmas Lights is Matt Redman se eerste Kersfees album. Hy het die inspirasie vir hierdie album gekry tydens ’n pelgrimstog na Betlehem en dit is duidelik hoorbaar in die besondere wyse waarmee hy die boodskap en ware betekenis van Kersfees in sy liedjies weergee. Bestel die album by https://www.cumbooks.co.za/these-christmas-lights-cd

Top 25 Christmas Hymns (2x CD) 

Kom herdenk die geboorte van Christus met tradisionele instrumentale en vokale verwerkings van ou Kersfees-gunstelinge soos “What Child Is This?”; “O Come, All Ye Faithful”; “The First Noel”; “Silent Night, Holy Night”, “O Come, O Come, Emmanuel”, “It Came upon a Midnight Clear”, “Away in a Manger”, “Angels from the Realms of Glory”, “We Wish You a Merry Christmas” en vele meer. Bestel die album by https://www.cumbooks.co.za/

Christmas Journey (CD)

Christmas Journey is ’n viering van die mees vreugdevolle tyd van die jaar op sy beste met bydraes deur gewilde kunstenaars soos Amy Grant, Britt Nicole, Chris Tomlin, Kari Jobe en vele meer. Bestel jou album by https://www.cumbooks.co.za/christmas-journey-cd

It’s finally Christmas Casting Crowns (CD)

Vier Kersfees saam met Casting Crowns. Hierdie album spog met gewilde gunstelinge soos “O Holy Night,” “What Child Is This,” en ’n “Gloria/Hark the Herald Angels Sing” medley. Daar is ook onder andere drie nuwe liedere – “Make Room,” “It’s Finally Christmas” en “Somewhere in Your Silent Night” om Kersfees vir die luisteraar ekstra-spesiaal te maak. Bestel die album by https://www.cumbooks.co.za/its-finally-christams-cd

To Every Nation (DVD)

To Every Nation is die derde en finale DVD in die The Witnesses Trilogy. Die eerste DVD In God with Us het die verhaal vertel van Christus se wederkoms, The Messengers die verhaal van die geboorte van die vroeë kerk. In To Every Nation word die verhaal van die kerk se wonderbaarlike groei vertel en leer kinders hoe die eerste gelowiges die evangelie regoor die wêreld versprei het. Hierdie DVD is gebaseer op Handelinge-hoofstukke 10 tot 28, en wys vir kinders 7 jaar en ouer deur middel van pragtige animasie hoe die Christelike geloof die wêreld verander het. Bestel dié DVD by https://www.cumbooks.co.za/to-every-nation-dvd

2017-12-01T09:55:09+00:00