Fliek & musiek

Hier is van die jongste DVD en CD aanbiedinge op die mark vir lekker kyk en luister!

Power-Full (A Journey through the book of Acts) (DVD)

Voel jy ooit magteloos, oormoeg, afgemat en te swak om dit te doen wat God vir jou lewe in gedagte het?  Jy is nie alleen nie. ’n Opdrag van God kan nie met menslike krag en eienskappe alleen gedoen word nie. In hierdie DVD word die kyker genooi om saam met Louie Giglio deur die boek, Handelinge, te reis. Handelinge gee ons meer duidelikheid van dit wat God van ons verwag – dat ons die Naam en werk van Jesus aan die hele wêreld moet verkondig met behulp van die krag van die Heilige Gees. Slegs met God se krag in ons lewens kan ons doen wat Hy ons geroep het om te doen en kan ons wees wie Hy bedoel het ons moet wees. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/power-full-dvd.

 Ons Vader Volume 1 Oase (CD)

“Hoe selde hoor mens Afrikaanse lof en aanbidding met ’n kraakvars klank? Baie selde! Maar hierdie CD is presies dit…” sê sanger Louis Brittz. Oase Gemeente in Klerksdorp is ’n voorloper in die ontwikkeling van Afrikaanse lofprysing en wil met hierdie CD hul musiek vir die ganse Suid-Afrika beskikbaar stel. Van die snitte word reeds in talle gemeentes gesing en die musiek laat jou onmiddellik regop sit en luister. Dit is uitstekend geskryf, uitgevoer en opgeneem en behoort in elke Afrikaanssprekende ‘worshiper’ se smaak te val. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/onsvader-volume-1-cd.

Ons Vader Volume 2 Oase (CD)

“Vanaf die eerste Ons Vader-album het ons besef dat lofprysing, wat geskryf is deur ons mense vir ons mense, ’n baie groot impak op Oase Gemeente gehad het. Ons het nooit besef dat dit nasionaal en selfs internasionaal so ’n invloed sou hê nie. Daarom is ons baie opgewonde oor ons tweede Ons Vader-album. Mag die Here hierdie projek tot eer van Sy Naam gebruik en elkeen wat daarna luister help om sy of haar aanbiddingservaring te verdiep” – Oase. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/onsvader-volume-2-cd.

Glory Song (CD)

Hierdie nuwe CD deur Matt Redman is in die bekende Capital Studios in Los Angeles opgeneem en bevat talle aanbiddingsliedere asook die snit “Gracefully Broken” wat saam met Tasha Cobbs Leonard gesing word. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/glory-song-cd.

The Darker The Night/The Brighter The Morning (CD)

Cody Carnes is ’n aanbiddingsleier wat musiek gebruik om mense nader aan God te lei. Met sy debuutalbum The Darker The Night / The Brighter The Morning gebruik hy verskillende musiekgenres en lirieke om mense opnuut te herinner aan die liefde en Almag van God. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/the-darker-the-night-the-brighter-the-morning-cd.

All In (CD)

Met sy nuwe album verskuif Matthew West die fokus vanaf ander se lewensverhale na sy eie lewe. Hy ondersoek die betekenis daarvan om alles te gee vir sy familie, sy geloof en sy vriende. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/all-in-cd.

This Is our Worship Oase (CD)

Gillaume en René Louw is aanbiddingsleiers en liedjieskrywers by die Oase Gemeente in Klerksdorp met ’n diepe begeerte om mense na God te lei. Beide is passievol oor Jesus en glo dat elke oomblik in Sy teenwoordigheid mense se lewens vir ewig kan verander. Dit is daarom ook die kern van hulle musiek. Hul wens is dat hul musiek en liedjies mense nader na God sal lei om Sy waarheid en Sy liefde opnuut te ervaar. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/this-is-our-worship-cd.

Top 50 Praise Songs Instrumental (2-CD)

Hierdie dubbel-CD is ’n nuwe toevoeging tot Maranatha! Music se gewilde Top 50-reeks. Dié CD laat jou toe om van die gewildste aanbiddingsliedere as strelende instrumentele musiek te geniet en is ’n moet vir elkeen wat van die tipe musiek hou. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/top-50-praise-songs-instrumental-2cd.