Fliek & musiek

Hier is van die jongste DVD en CD aanbiedinge op die mark vir lekker kyk en luister!

Love Has A Name, Jesus Culture (CD)

Jesus Culture word deur baie beskou as een van die invloedrykste geloofsbewegings in die wêreld en het derduisende mense se harte en siele wêreldwyd aangeraak in hulle soeke na Jesus. Hulle tiende CD Love Has a Name spog met 12 nuwe liedjies deur kunstenaars soos Kim Walker-Smith, Chris Quilala, Brian & Katie Torwalt en vele meer. Bestel jou kopie by www.cumbooks.co.za/love-has-a-name-cd.

Revival Third Day (CD)

Hierdie nuwe CD deur die gewilde en suksesvolle groep Third Day is geïnspireer deur die nalatenskap van die FAME studios in die historiese Amerikaanse dorp Muscle Shoals in Alabama. Die album getuig van God se liefde, almag en getrouheid met energieke oproepe vir herlewing en ’n getuienis dat enigiets deur geloof moontlik is. Bestel jou kopie by www.cumbooks.co.za/revival-deluxe-cd.

Superbook Series (DVD) 

Die CBN Superbook DVD’s vermaak kinders al vir jare lank met animasie-stories oor Bybelse helde. Die gewilde klassieke Superbook-verhale is nou met die jongste 3D-animasie tegnologie oorgemaak. In elke storie word Chris, Joy en hulle robot Gizmo weggevoer na Bybelse verhale en leer waardevolle lesse oor geloof en hoe om aan God gehoorsaam te wees.

In The Beginning (DVD) Hierdie Superbook DVD vertel van Lucifer se rebellie en val vanuit die hemel. Kinders ontdek die wonder van God se skepping, die Tuin van Eden en leer hoe Adam en Eva sonde in die wêreld ingebring het deur ongehoorsaam aan God te wees. Hierdie storie leer kinders van God se liefde en vergifnis en dat Hy ’n wonderlike plan vir elkeen se lewe het. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/superbook-in-the-beginning-dvd-1

The Test In hierdie Superbook DVD leer kinders van Abraham se gehoorsaamheid aan God en om Hom te alle tye eerste in hul lewens te stel. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/superbook-the-test-dvd-1

A Giant Adventure (DVD) Chris, Joy en Gizmo word weggevoer na die voorste linies van oorlog waar die heldhaftige Dawid die reus Goliat oorwin deur op God te vertrou. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/superbook-a-giant-adventure-dvd-1

The Last Supper (DVD) Kinders leer dat al was Jesus ’n baie beroemde man het hy altyd nederig gebly en ander mense gehelp. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/superbook-the-last-supper-dvd-1

The Ten Commandments (DVD) Kinders leer dat reëls ingestel word om ons te beskerm. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/superbook-the-ten-commandments-dvd-1

The Road To Damascus (DVD) Chris, Joy en Gizmo word weggevoer na die wêreld van die siniese Saul en leer dat wonderlike verandering in jou lewe moontlik is deur op God te vertrou. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/superbook-the-road-to-damascus-dvd

Roar! In hierdie avontuur word kinders weggevoer na Babilon en ontmoet Daniël en Koning Darius. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/superbook-roar-dvd-1

Revelation the Final Battle (DVD) Kinders ervaar die grootheid van God se vergifnis en leer meer oor die Boek van Openbaring. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/superbook-revelation-the-final-battle-dvd

 Jacob & Esau (DVD) Die verhaal van Jakob en Esau leer kinders hoe belangrik dit is om ander te vergewe. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/superbook-jacob-esau-dvd

The first Christmas (DVD) Wanneer die jong Chris opmerk dat ’n uitstalling van die geboorte van Jesus net nog ’n Kersfees versiering is, word hy, Joy en hulle robot Gizmo na Bethlehem weggevoer om te leer wat die ware betekenis van Kersfees is. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/superbook-the-first-christmas-dvd-736

His is risen! (DVD) Chris, Joy en Gizmo vertrek op ’n onvergeetlike reis na Jerusalem, waar hulle ’n jong moeder en haar Seun (Jesus) ontmoet. Hulle leer dat Jesus altyd gehoorsaam was. Hulle beleef sy kruisiging en dan die almag van God wat Hom uit die dood laat opstaan het. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/superbook-he-is-risen-dvd-1

Let my people go (DVD) Chris, Joy en Gizmo ontmoet Moses, ’n prins wat wegloop om ’n doodgewone skaapwagter te word. Hulle leer hoe hy deur God geroep word om die Israeliete uit Egipte te lei. Kinders leer dat enige iets moontlik is met God in jou lewe. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/superbook-let-my-people-go-dvd-1

Miracles of Jesus (DVD) Chris, Joy en Gizmo word weggevoer na Israel om te deel in Jesus se wonderwerke. Kinders leer dat selfs die grootste vyand nie opgewasse is teen God se krag nie. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/superbook-miracles-of-jesus-dvd-2