Fliek & musiek

Hier is van die jongste DVD en CD aanbiedinge op die mark vir lekker kyk en luister!

Never Lose Sight Chris Tomlin

Deur God te loof en te prys beweeg ons nie net nader aan God nie, maar raak ons opnuut bewus van Sy almag. Chris Tomlin, die skrywer van bekende liedjies soos How Great Is Our God, Our God en Whom Shall I Fear, lei jou deur sy musiek tot by die hart van Jesus en ’n dieper plek van aanbidding. Sy nuwe album Never Lose Sight, met liedjies soos Good Good Father en Jesus, lei jou nader aan Jesus en gee ’n stem aan jou lof, gebede, smeking en hoop. Kry dié album nou by http://www.cumbooks.co.za/never-loose-sight-cd.

The World’s Favourite Hymns

Hierdie album deur Integrity Music bevat 50 van die mees geliefde gesange wat al geslagte lank regoor die wêreld gesing word. Bekende gesange vorm deel van dié album van drie CD’s en sluit klassieke liedere soos In Christ Alone, How Great Thou Art en Before the Throne of God Above in. “Vir die Christengelowige is hul gesangboek, naas die Bybel, een van die kosbaarste boeke in hul besit. Deur die liedere van bekende skrywers te bestudeer, kan jy jou kennis van die teologie op ’n wonderlike manier verdiep.” A.W. Tozer. Bestel die versameling by http://www.cumbooks.co.za/the-worlds-favourite-hymns-3cd

Trust Jaci Velasquez

Jaci Velasquez se jongste album is pas deur Integrity Music bekendgestel. Dié nuwe album bevat ’n mengsel van pop met akoestiese en elektroniese elemente en is Jaci se eerste album in vyf jaar. Hierdie gewilde sangeres het nie minder nie as ses goue en platinum albums agter haar naam. Die titel van die album weerspieël die tema van vertroue in God met aanbiddingsliedjies soos God Who Moves The Mountains, Trust You, Rest en Its Never As Dark As It Seems To Be. Om op God te vertrou, vorm die grondslag van Jaci se lewe as ma van ’n jong outistiese seun. Bestel jou album by http://www.cumbooks.co.za/trust-cd

Top 50 Praise Songs 2017

Aanbidders, aanbiddingsleiers en aanbiddingsbedienings sal hierdie musiekprojek as uiters relevant en gesalfd ervaar. Die album is ideaal vir diegene wat op soek is na lof- en aanbiddingsmusiek om elke dag, daglank na te luister en dit sluit ’n moet-hê versameling van die mees gewilde liedere op drie CD’s in. Bestel joune by http://www.cumbooks.co.za/top-50-praise-songs-2017-3cd

Badge of Faith (DVD)

Bryan Lawrence is ’n polisieman wie sy hele lewe gewy het aan die idee van “beskerm en dien”. Maar ’n onvoorsiene insident met twee voortvlugtende boewe laat hom verlam van die nek af ondertoe. Bryan is lief vir sy familie, vir die Here en om ander te help. Sy lewe was tot dusver gevul met dwelmsake, om kinders aan te moedig om ’n sukses van hulle lewens te maak en om werk te doen wat die gemeenskap ’n beter plek maak. Hy beloof aan sy toekomstige skoondogter dat hy saam met haar die paadjie sal afstap op die dag wat sy met sy seun trou, aangesien haar eie afwesige pa nie daar is om dit te doen nie. Na sy ongeluk bevind Bryan homself in ’n wêreld waar hy volkome hulpeloos is. Die dokters sê hy sal nooit weer kan loop nie, maar Bryan weier om die belofte aan sy skoondogter te laat gaan. Kry ’n voorsmakie by https://www.youtube.com/watch?v=a4RFu3qtIMQ of bestel jou DVD by http://www.cumbooks.co.za/badge-of-faith-dvd