Wys jou hart-handwerkwedstyd 2017

Dis weer tyd vir ons Wys jou hartnaaldwerkkompetisie en vanjaar soek ons weer kreatiewe inkopiesakke! Jy kan ‘n Bernina 215 naaldwerkmasjien ter waarde van R17 255 of ‘n Metalnova 2400 stoom/strykstasie en Foldy opvoubare strykplank ter waarde van R6 180 wen.

Kyk die pryse!

Die wenner ontvang ‘n Bernina 215 naaldwerkmasjien ter waarde van R17 255.

Hierdie masjien is ‘n opwindende inleiding tot masjienwerk! Indien jy beplan om masjienwerk jou stokperdjie te maak en terselfdertyd jou kreatiwiteit vrye teuels te gee, is die Bernina 215 net die regte keuse! Hierdie model met sy CB haakstelsel vir perfekte steekgehalte en garingspanning, getuig van egte Switserse gehalte. Die kragtige motor verseker hoë naaldpenetrasie en doeltreffende stikwerk op enige kleedstof, selfs meer as een laag op ‘n slag. Vul jou Bernina 215 aan met die wye reeks spesiale toebehore en die masjien groei om by te hou met jou vlak van vaardigheid en kreatiewe behoefte – van verstellings tot ontwerperskledingstukke en gesofistikeerde binnehuisversiering artikels.  Die moontlikhede is onbeperk!

Die naaswenner ontvang ‘n Metalnova Vapor 2400 stoom/strykstasie plus Foldy-opvoubare strykplank ter waarde van R6 180.

Hierdie is die ideale stryksisteem vir enige moderne huishouding. Die vlekvryestaal stoomgenereerder maak hierdie sisteem gesog en met die 1,2liter waterkapasiteit, wat ongeveer 2 uur lange ononderbroke stryk toelaat, is die Vapor 2400 ‘n groot tydbespaarder. Ongeag of jy wil droog- of stoomstryk, die maklike verstellings stel jou in staat om perfekte eindresultate op ‘n wye reeks tekstiele te kry.  Die Foldy opvoubare strykplank is ‘n  klein strykplank wat hom soos ‘n groot strykplank gedra! Gebruik jou spasie effektief met hierdie revolusionêre opvoubare strykplank. Hierdie is ‘n tafelmodel strykplank wat die grootte van ‘n professionele strykplank is. Net ‘n paar eenvoudige bewegings om die strykplank oop of toe te vou. Geen kopseer om plek vir wegbêre te soek nie – vou die plank op, skuif die staalhaak uit en hang dit in jou klerekas.

Maak jou sak só

Gebruik enige naaldwerkmateriaal en kombinasies daarvan. Voltooi dit met die hand of enige naaldwerktoerusting. Volg enige tema en maak dit vir  jonk of oud. Daar moet ‘n hartmotief op die sak wees.

  1. Die inkopiesak moet reghoekig wees met die kortste kant nie korter as 35cm en die langste kant nie langer as 50cm.
  2. Die sak kan ongevoer of gevoer wees, maar moet netjies afgewerk wees.
  3. Dit kan ‘n plat sak wees of dit kan ‘n insetsel in die kant en onder hê.
  4. Sak moet skouerhandvatsels en ‘n vasmaakmiddel hê, soos ‘n ritssluiter of ‘n lussie en knoop.
  5. Die ingeskrewe inkopiesak mag vir geen vorige kompetisies, promosies of projekte gebruik gewees het nie.
  6. Die hart-motief moet baie duidelik weerspieël word!
  7. Kreatiwiteit is van die uiterste belang! Enige naaldwerktegniek mag gebruik word insluitend 3D-motiewe.
  8. Maak gebruik van enige naaldwerkmateriaal – kleedstof, garing, koorde, linte, versierings ensovoorts.
  9. Enige handwerk, naaldwerk-, omkap- en borduurmasjien en borduursagteware mag gebruik word.
  10. Alle inskrywings moet oorspronklik wees. Om ‘n prentjie van enige gedrukte medium na te maak is ontoelaatbaar. As twee vriendinne saam werk en hul inskrywings lyk baie dieselfde, sal nie een as oorspronklik aanvaar word nie. Indien ‘n persoon meer as een inskrywing indien en hulle toon ooreenkomste, sal nie een van die inskrywings as oorspronklik aanvaar kan word nie. Borduurontwerpe wat ingebou is in ‘n borduurmasjien of borduurontwerpe van ‘n digiteerder wat gebruik word, is ontoelaatbaar.
  11. ‘n Individu mag meer as een inskrywing inhandig, maar ‘n oorspronklike inskrywingvorm moet aan alle inskrywings vasgeheg wees.

Stuur jou inskrywing só

Lewer dit per hand af by Bernina se kantore, weekdae tussen 10h00 en 15h00, by 9 Limestraat, Aucklandpark, Johannesburg of stuur per koerierpos. Indien jy ‘n koerier of posdiens gebruik moet die afleweringsnommer (tracking number) per epos gestuur word aan marketing@berninasa.com. Meld in jou epos dat die afleweringsnommer vir die Wys jou hart-wedstryd bedoel is.

Merk die boks of koevert duidelik Lééf/Bernina – Wys jou hart.

Sluit die volgende saam met die sak in: 1. ‘n Duidelike foto van die sak met jou naam, van en kontakbesonderhede agterop geskryf. 2. Speld die foto stewig met ‘n haakspeld aan die sak vas. Die foto met inligting by dien as inskrywingsvorm. 3. Verklaar op die foto dat hierdie jou eie, oorspronklike werk is en voeg jou handtekening by.

Sluitingdatum: 16 Oktober 2017. Die wenners sal op www.leef.co.za in November aangekondig word. Stuur alle navrae aan navrae@leef.co.za.

Wedstrydreëls

*’n Wenner en naaswenner sal aangewys en telefonies verwittig word. *Die beoordelaars se besluit is finaal en geen gesprek of korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. *Die sluitingsdatum is 16 Oktober 2017. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Aflewerings per hand of per koerier moet ons op die laatste om 15h00 op Maandag 16 Oktober bereik.*Werknemers van Lééf – met hart & siel en hulle gesinnne, die borge, hul reklamemaatskappye of digitale agentskappe mag nie deelneem nie. *Alle handwerk-inskrywings en foto’s word die eiendom van Lééf- met hart & siel en sal nie teruggestuur word nie. Alle foto’s mag gepubliseer word. *Deur in te skryf gee jy Lééf outomaties toestemming om dit in die openbaar uit te stal en ten bate van liefdadigheid uit te deel of te verkoop.*Lééf met hart & siel en die borg word gevrywaar teen alle eise en/of laste wat die wenners mag hê weens skade/beserings vanweë deelname aan die wedstryd of benutting van die pryse. *Deur vir die wedstryd in te skryf stem deelnemers in om die reëls na te kom en om van tyd tot tyd sekere promosie-korrespondensie van Lééf- met hart & siel te ontvang.