Vrug van die Gees

Deel met ander Kommentaar
 
0/5.0

Handelinge 7:26 - Toe hy die volgende dag op twee Israeliete afkom wat baklei, wou hy vrede maak en hy sê: 'Mense, julle is tog broers! Hoekom baklei julle dan met mekaar?'

1 Korintiërs 13:4-5 - Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. Die liefde vergaan nooit nie, maar die gawe van profesie sal verdwyn, die gawe om ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou, en dié van kennis sal uitgedien raak.

2 Korintiërs 6:3-4 - Ons wil nie hê dat daar met ons bediening fout gevind word nie. Daarom gee ons ook niemand aanleiding tot aanstoot nie, maar in alles laat ons ons ken as dienaars van God. Dit doen ons met baie geduld in verdrukking, ontbering en nood.

2 Korintiërs 13:11 - Verder, broers, wees bly, streef na die geestelike volwassenheid, aanvaar vermaning, wees eensgesind, leef in vrede. En die God van liefde en vrede sal by julle wees!

Lees ook:
•    Efesiërs 4:2
•    Kolossense 3:13
•    1 Tessalonisense 5:12-13
•    1 Petrus 3:11
•    1 Johannes 2:5
•    Galasiërs 5:22-23

Kommentaar - Geen kommentaar sover

Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na