Vrede
1 Petrus 1:2 - Soos God die Vader dit vooraf bestem het, het Hy julle uitverkies en deur die Gees afgesonder om aan Hom gehoorsaam te wees en besprinkel te word met die bloed van Jesus Christus. Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees!
1 Petrus 3:1 - Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is, soek vrede en jaag dit na!
1 Samuel 20:42- Jonatan het vir Dawid gesê: "Gaan in vrede omdat ons twee in die Naam van die Here trou gesweer het en gesê het: Die Here is vir altyd daarvan getuie tussen ons en tussen ons twee se nageslagte.
1 Tim 3:3 - Hy moenie aan drank verslaaf of 'n rusiemaker wees nie, maar inskiklik, vredeliewend en nie geldgierig nie.
2 Kor 1:2 - Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus!
Lees ook:
- 1 Pet 5:14
- 1 Sam 29:7
- 1 Tess 5:12-13
- 2 Kor 13:11
- Kol 3:15
- Ef 2:14-18
- Gal 5:22
- Joh 14:27
- Joh 16:33
- Jud 1:2







Kommentaar - Geen kommentaar sover