Sy ekonomie

Deel met ander Kommentaar
 
0/5.0

Genesis 45:6-8 - Dit is nou maar die tweede jaar van hongersnood in die land. Daar lê nog vyf jaar voor waarin daar nie geploeg of geoes sal word nie. God het my voor julle uit gestuur om vir julle 'n oorblyfsel in hierdie land te laat oorbly, om julle aan die lewe te hou en sodat baie aan die dood sal ontkom. Dis nie julle wat my hierheen gestuur het nie, maar God. Hy het my laat aanstel as die farao se raadgewer en as bevelhebber oor sy huis en as regeerder oor die hele Egipte.

2 Konings 4:1-7 - 'n Vrou van 'n profeet het haar nood by Elisa kom kla: "My man is dood U weet self dat hy die Here gedien het. Nou het die skuldeiser gekom om my twee seuns te vat en hulle sy slawe te maak." Elisa het vir haar gesê: "Ek sal jou help. Sê vir my: wat het jy in jou huis?" Sy het geantwoord: "Ek het niks in die huis nie behalwe 'n erdekannetjie olie." Hy het toe gesê: "Gaan leen nou by al jou bure leë kruike, en sorg dat jy nie te min leen nie. - Dan gaan jy in jou huis in, maak die deur agter jou en jou seuns toe, en gooi elkeen van hierdie kruike vol olie. Soos elkeen vol word, moet jy hom wegpak." Sy is van hom af weg. Sy het die deur agter haar en haar seuns toegemaak. Soos hulle die kruike na haar toe aangedra het, het sy hulle volgemaak. Toe die kruike vol was, sê sy vir een van haar seuns: "Bring vir my nog 'n kruik." Maar hy het gesê: "Daar is nie meer 'n kruik oor nie." Toe het daar nie meer olie uit die kannetjie gekom nie. Sy het by die man van God aangekom en dit vir hom vertel. Hy het gesê: "Gaan verkoop die olie en betaal jou skuld. Jy en jou seuns kan dan leef van wat oorbly."

Job 42:9-17 - Nadat Job vir sy vriende gebid het, het die Here die omstandighede van Job verander en hom twee keer soveel gegee as wat hy gehad het. Al sy broers en susters en sy vriende wat hom vroeër geken het, het gekom en saam met hom in sy huis geëet. Hulle het hulle medelye kom betoon en hom getroos oor al die rampe wat die Here oor hom gebring he. Elkeen het vir hom 'n stuk silwer en 'n goue ring gegee. Die Here het die laaste deel van Job se lewe voorspoediger gemaak as die eerste: hy het veertien duisend stuks kleinvee, ses duisend kamele, twee duisend beeste en 'n duisend donkies gekry, en ook sewe seuns en drie dogters. ...
    
Spreuke 30:8-9 - moenie toelaat dat ek vals is en lieg nie; moet my nie arm maak of ryk nie, gee my net die kos wat ek nodig het, sodat ek nie te veel het en U verloën en sê: "Wie is die Here?" nie, en sodat ek nie arm word en steel en my God se Naam oneer aandoen nie.

Kommentaar - Geen kommentaar sover

Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na