Nehemia 13:15 - Daardie tyd het ek in Juda gesien dat mense die wynpers op die sabbat trap, en vragte koring en ook wyn, druiwe, vye en allerhande pakke op donkies laai en in Jerusalem inbring op die sabbat. Ek het hulle gewaarsku om nie op dié dag kos te verkoop nie.
1 Korinthiërs 13 - Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is: Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek 'n stuk klinkende metaal, 'n galmende simbaal geword...
Ps 113:9 - Aan die kinderlose skenk Hy 'n huisgesin, sy word 'n gelukkige moeder van kinders. Prys die Here!
Miga 4:7 -Ek sal die kreupeles die oorblyfsel maak, die siekes 'n sterk nasie. Ek, die Here, sal op Sionsberg oor hulle heers, nou en vir altyd.