Teksbevestiging
'n Lig vir jou pad
- Psalm 119:9 - “Hoe kan ’n jongmens sy lewe skoon hou? Deur hom te hou aan u woord!”
- Lukas 8:11–15 - "Die betekenis van die gelykenis is dit: Die saad is die woord van God. Dié wat op die pad val, dui op mense wat die woord hoor, maar dan kom die duiwel en neem dit uit hulle harte weg sodat hulle nie tot geloof kom en gered word nie. Dié wat op die klipbank val, dui op hulle wat die woord met blydskap aanneem wanneer hulle dit hoor, maar dit skiet nie wortel nie. Hulle geloof hou net 'n tydjie. Die oomblik dat dit op die proef gestel word, gee hulle moed op. Die saad wat tussen die onkruid val, dui op dié wat die woord hoor, maar deur die sorge en die rykdom en die genietinge van die lewe word dit gaandeweg verstik, en dit skiet nie saad nie. Die deel wat in goeie grond val, dui op dié wat die woord met 'n goeie en opregte hart hoor en dit bewaar en deur volharding vrug dra."
- Efesiërs 6:17 - “Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die Woord van God.”
- Hebreërs 4:12 - “Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart.”
- 2 Timoteus 3:16–17 - “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.”
- 2 Petrus 1:19–21 - En dit het vir ons die boodskap van die profete nog meer bevestig. Hierdie boodskap is soos 'n lamp wat in 'n donker plek skyn. Julle sal goed doen as julle in sy lig bly totdat die dag aanbreek en die môrester opkom in julle harte. Dít veral moet julle weet: geen profesie in die Skrif kan op grond van eie insig reg uitgelê word nie, want geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie. Nee, deur die Heilige Gees meegevoer, het mense die woord wat van God kom, verkondig.
Lees ook:
- Jesaja 8:20
- Jesaja 34:16
- Psalm 138:2
- Johannes 1:1
- Johannes 17:17







Kommentaar - 1 opmerking sover
veronica
Ja jong mense moet meer bybel lees, en bid, dit sal baie help.