Teksbevestiging
Die werk van Sy hande
- Psalm 8:4–10 - “As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre waaraan U ’n plek gegee het, wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien? U het hom net ’n bietjie minder as ’n hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekroon, U laat hom heers oor die werk van u hande, U het alles aan hom onderwerp: skape en beeste, alles; selfs die diere in die veld, die voëls in die lug, en die visse in die see wat die oseane deurkruis. Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde!”
- Jesaja 64:8 - “U is ons vader, Here, ons is klei en U het ons gevorm, ons is almal die werk van u hande.”
- 1 Timoteus 4:4 - “Alles wat God gemaak het, is immers goed. Niks wat met danksegging ontvang word, is verwerplik nie . . .”
- Hebreërs 1:10–11 - “U, Here, het in die begin die aarde gevestig, en ook die hemel is die werk van u hande. Dié dinge sal vergaan, maar U bly staan . . .”
- Jakobus 1:18 - “Omdat dit sy wil was, het God ons deur die woord van die waarheid tot die lewe gebring, sodat ons, om dit so te stel, eerstelinge te kan wees van alles wat Hy geskep het.”
- Lees ook: Spreuke 8:22; Daniël 4:37; Filippense 1:6; Openbaring 5:13






Kommentaar - Geen kommentaar sover