Teksbevestiging
Die volmaakte Een
- 2 Samuel 22:31- “Wat God doen, is volmaak; wat die Here sê, is suiwer.”
- Psalm 130:3 - “As U ons sondes in aanmerking sou neem, Here, wie sou dan nog bestaan?”
- Jesaja 6:3 - “Die serafs het mekaar telkens toegeroep: ‘Hielig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.”
- Matteus 5:43–48 - "Julle het gehoor dat daar gesê is: 'Jou naaste moet jy liefhê.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen. As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag? Maak die tollenaars nie ook maar net so nie? En as julle net julle broers groet, wat doen julle meer as ander? Maak die heidene nie ook maar net so nie? Wees julle dan volmaak soos julle hemelse Vader volmaak is."
- Romeine 3:4 - “Dit staan vas dat God betroubaar is en elke mens 'n leuenaar, soos daar geskrywe staan: "U is regverdig wanneer U uitspraak doen en U wen u saak wanneer U aangekla word."
- 1 Korintiërs 13:9–10 - “Want ons ken maar gedeeltelik, en ons profeteer maar gedeeltelik, maar wanneer die volledige kom, sal wat gedeeltelik is, uitgedien wees.”
- Genesis 18:5 - “U is nou eenmaal op pad hier by my verby, en daarom wil ek ’n stukkie brood vir u gaan haal, dat u weer nuwe krag kan kry.”
- Eksodus 40:36–38 - “Later het dit so gegaan: wanneer die wolk van die tabernakel af voor die Israeliete uit wegtrek, het hulle agter die wolk aan versit. As die wolk nie weggetrek het nie, het hulle daar gebly totdat dit wel weggetrek het. Die wolk van die Here was bedags 'n wolk oor die tabernakel en snags het dit 'n vuur daarbo-oor geword. So het die hele Israel dit ervaar elke keer as hulle versit.”
- Rigters 18:5–6 - “Hulle het vir hom gesê: ‘Vra tog vir God of ons onderneming wat ons aangepak het, goed sal verloop of nie!’ Die priester het vir hulle gesê: ‘Gaan gerus! Die Here is by julle op julle reis.’ ”
- 2 Korintiërs 4:16–18 - “Om hierdie rede word ons nie moedeloos nie. Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe. Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op 'n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly.”
- Markus 1:12–13 - “Net daarna het die Gees Hom weggevat die woestyn in, waar Hy veertig dae lank gebly het en deur die Satan versoek is. Jesus was daar saam met die wilde diere, en die engele het Hom versorg.”
- Lukas 24:13–35 - “Op dieselfde dag was twee van hulle op pad na 'n dorpie met die naam Emmaus, twaalf kilometer van Jerusalem af. Hulle was in gesprek met mekaar oor al hierdie dinge wat gebeur het. Terwyl hulle so gesels en gedagtes wissel, het Jesus self nader gekom en met hulle saamgeloop, maar hulle oë is verhinder om Hom te herken. Hy vra hulle toe: "Wat is dit wat julle so ernstig met mekaar loop en bespreek?" Met somber gesigte gaan hulle staan, en een van hulle, met die naam Kleopas, antwoord Hom: ‘Is u dan die enigste vreemdeling in Jerusalem dat u nie weet van die dinge wat in die afgelope dae daar gebeur het nie?’ Hy vra vir hulle: ‘Watter dinge?’ Hulle antwoord Hom: ‘Die dinge in verband met Jesus van Nasaret, 'n profeet wat magtig was in woord en daad voor God en die hele volk; en hoe ons priesterhoofde en die lede van ons Raad Hom oorgelewer het om ter dood veroordeel te word, en Hom gekruisig het. Ons het so gehoop dat dit Hy is wat Israel sou verlos. Maar boonop is dit vandag al die derde dag vandat die dinge gebeur het. En nou het 'n paar vroue uit ons kring ons ook nog ontstel. Hulle was vanmôre vroeg by die graf en kon sy liggaam nie kry nie. Hulle het kom vertel dat hulle 'n verskyning gesien het van engele wat gesê het Hy lewe. Sommige van ons mense het ook na die graf toe gegaan en dit net so gekry soos die vroue gesê het, maar Hom het hulle nie gesien nie.’ Toe sê Hy vir hulle: ‘Wat 'n gebrek aan begrip en wat 'n traagheid van gees! Glo julle dan nie al die dinge wat die profete gesê het nie? Moes die Christus nie hierdie dinge ly om in sy heerlikheid in te gaan nie?’ Daarna het Hy by Moses en al die profete begin en al die Skrifuitsprake wat op Hom betrekking het, vir hulle uitgelê. Toe hulle by die dorpie aankom waarheen hulle op pad was, het Hy gemaak of Hy verder wou gaan. Hulle het egter by Hom aangedring en gesê: ‘Bly by ons, want dit is amper aand en die dag is al verby.’ Toe het Hy ingegaan om by hulle oor te bly. Terwyl Hy saam met hulle aan tafel was, neem Hy die brood, vra die seën, breek dit en gee dit vir hulle. Toe gaan hulle oë oop, en hulle het Hom herken, maar Hy het uit hulle gesig verdwyn. Hulle sê toe vir mekaar: ‘Het ons hart nie warm geword toe Hy op die pad met ons gepraat en vir ons die Skrif uitgelê het nie?’ Hulle het dadelik opgestaan en na Jerusalem toe teruggegaan. Daar kry hulle die elf en die ander mense bymekaar, en dié sê: ‘Die Here het regtig opgestaan en Hy het aan Simon verskyn!’ Toe vertel hulle wat op die pad gebeur het, en hoe Hy aan hulle bekend geword het toe Hy die brood gebreek het.”
Lees ook:
- Job 37:16
- Romeine 12:2
- Jakobus 1:17
- 1 Johannes 4:18







Kommentaar - Geen kommentaar sover