potplante
Wees potplant-slim
- Moet nooit die pot tot bo met grond vul nie
- Gee all potplante lentekos: krap 'n bietjie bogrond af en strooi fyn kompos op die plant. Maak al om die rand van die pot nat.
- Moet nooit water op die blare van harige potplante, soos Usambara-viooltjies, gooi nie. Maak dit eerder van onder af nat.
- Dieselfde geld siklame. Hou hul knolle en blare droog en maak van onder af nat.
- Varings en orgideë moet heeljaar met 'n ligte, liefdevolle hand water gegee word.
- Hou potplante se grond egalig klam. Meer potplante gaan weens versuiping dood as 'n gebrek aan water.
Wanneer is 'n potplant blikverskrik?
Keer die plant om op 'n tafel en klop liggies teen die bodem. As daar 'n massa verstrengelde vortels sonder omringende grond is, is die plant jammerlik blikverskrik! Plant dadelik oor in 'n ander pot.







Kommentaar - Geen kommentaar sover