Faith Film Festival

Filmfees vir die hele gesin

Deel met ander Kommentaar
 
0/5.0
Filmfees vir die hele gesin

Jy hoef nie bang te wees om jou gesin na dié filmfees te neem nie. Die Faith Film Festival vind eersdaags plaas.

Nu Metro het die tweede jaarlikse Faith Film Festival aangekondig, wat van 23-29 Julie by elf Nu Metro teaters regoor die land aangebied gaan word.

Die vyf films is LETTERS TO GOD, MAMA I WANT TO SING, THE MIGHTY MACS, OH MY GOD en THE WAY HOME.

Letters to God is geïnspireer deur 'n ware verhaal en kom uit die stal van die vervaardigers van "FIreproof" en "Facing the Giants". Dithandel oor hoe een terminaal siek seun se geloofspad kruis met 'n man se desperate soektog na betekenis.

Oh My God is 'n dokumentêre film deur regisseur Peter Rodger. Hy het sy reise deur 23 lande oor 'n tydperk van drie jaar verfilm en talle kinders, geestelike leiers, bekendes, fanatici en die man op straat vrae gevra oor wat God vir hulle beteken. "Dit gaan nie spesifiek oor godsdiens nie," sê Rodger, "maar oor wat God vir mense beteken. Ek het nodig gehad om vir myself uit te vind of godsdiens en godsdienstige mense die oorsaak was vir die wêreld se hartseer. En as 'n persoon wat dikwels met geloof worstel, moes ek vir myself bepaal of God die mens geskep het, of die mens vir God."

THe Mighty Macs speel af in 1972 en vertel die ware verhaal van Cathy Rush, 'n 23-jarige rabbadoe wat talle terugslae gehad het. Sy het die werk gekry as basketbal-afrigter by die piepklein Immaculata College en met die hulp van nonne die moed en geloof gekry om haar span te lei om die eerste nasionale kampioenskap in vroue-basketbal te wen.

Mama, I want to Sing herinner ons almal om nie bang te wees om te dans op ons eie musiek nie. 'n Predikant se dogter is op die rand van beroemdheid as popsanger. Haar pa sterf onverwags en dit het sterker familiebande tot gevolg.

The Way Home is ook gebaseer op 'n ware verhaal. Dit handel oor 'n gemeenskap wat 'n gesin wie se tweejarige seun vermis geraak het, ondersteun het en hoe dit almal betrokke se lewens verander het.

Die deelnemende fliekteaters is:

  • Johannesburg: Clearwater Mall, Benoni Lakeside Mall, Monte Casino
  • Pretoria: Menlyn Park
  • Kaapstad: Canal Walk
  • Durban: Pavilion, Galleria
  • Port Elizabeth: Walmer Park
  • Bloemfontein: Loch Logan
  • Nelspruit: Riverside Mall
  • Worcester: Mountain Mill

Kaartjies kos R25 en die vertonings begin om 21:00. Meer inligting by www.numetro.co.za.


Kommentaar - Geen kommentaar sover

Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na