Peter de Villiers
Vier vrae vir ons Bok-breier
Hoe oorleef jy taai tye?
Ek is deur baie moeilike tye en is vas oortuig daar is 'n rede vir elkeen. My geloof is baie belangrik. Dit inspireer my om die goeie tye te geniet en dankbaar te wees daarvoor, en gee my die wilskrag om die moeilike tye te oorleef. Die een les wat ek geleer het, is om nooit tou op te gooi nie, want jy weet nooit waarmee iemand anders worstel nie.
Wat gee jou hoop vir die Bokke?
Ek is opgewonde oor die huidige span en oor die talent in ons land. Dis 'n begaafde groep spelers wat baie nederig is. Hulle besef wat rugby vir miljoene Suid-Afrikaners beteken. Dis vir my 'n voorrg om die span af te rig.
Jou grootste uitdaging vorentoe?
Om die beste uit elke speler te kry. Makliker gesê as gedaan, want elke speler is uniek. Ek wil graag hê die spelers moet hulself geniet. Dit vra vir 'n omgewing wat hulle toelaat om gemaklik en hulself te wees. Vir my is dit belangrik dat hulle ook as mense ontwikkel.
Wie is jou helde?
Ek was van kleins af 'n sterk individu en wil nie graag iemand uitsonder nie. Naas die Skepper is my ouers steeds die rolmodelle na wie ek opsien. Ek dink elke ouer is spesiaal - 'n mens besef dit eers namate jy volwasse raak.







Kommentaar - Geen kommentaar sover