Aanlyn-selgroep: Gebed, deur Philip Yancey.
Wat die Bybel ons leer oor bid
Het jy geweet daar is meer as 650 gebede in die Bybel opgeteken? Ons kan dit gebruik as uitstekende riglyne vir hoe om te bid.
Hoofstuk 13 van Philip Yancey se boek, Gebed.
Gebede wat rigting gee:
Die Psalms, deur Johannes Calvyn beskryf as “’n anatomie van elke deel van die siel, aangesien geen emosie wat enigeen kan ervaar, nié in hierde spieël weerkaats word nie.” Hier is alles: vrees, bekommernis, woede, liefde, hartseer, wanhoop, dankbaarhied, droefheid, twyfel, lyding, vreugde, waaksug en berou.
- Paulus se gebede – al sy briewe, behalwe die een aan Titus, bevat minstens een gebed.
- Genesis 18: Abraham se pleitgebed vir Sodom.
- Eksodus 15: Moses se lied aan die Here.
- Eksodus 33: Moses ontmoet God.
- 2 Samuel 7: Dawid se reaksie op God se beloftes.
- 1 Konings 8: Salomo se wyding van die tempel.
- 2 Kronieke 20: Josafat bid om oorwinning
- Esra 9: Esra se gebed oor die mense se sondes.
- Psalm 22: ‘n Hulpgeroep tot God.
- Psalm 104: ‘n Gebed van lof.
- Daniël 9: Daniël se gebed vir redding van Jerusalem.
- Habakuk 3: ‘n Profeet se gebed van aanvaarding.
- Matteus 6: die Onse Vader.
- Johannes 17: Jesus se gebed vir sy dissipels.
- Kolossense 1: Paulus se gebed van danksegging.
Kry die ander hoofstukke hier.







Kommentaar - 2 opmerkings
Kate Greyvenstein
Dankie hierdie riglyne het ek vandag van die Here gebid so innig dankbaar. Dankie seenwense. KateMalinda
Bid moet nie 'n las wees nie, dit kan 'n elke dag, elke uur,elke minuut kommunikasie wees met God. gebe de kan eenvoudig gehou word die Here verstaan. Self het ek gesukkel om te bid, ek het 'n boekie gevat en my gebede neergeskryf so kommunikeer ek met die Here dmv pen en papier, ek stel dit voor dit werk vir my. Eendag het my dogter gevra hoekom bid ek in die boekie,my antwoord was sy gaan niks erf eendag behalwe my gebede. Dit is wonderlik om terug te blaai en te sien waaroor jy alles met die Here gesels het, en weet wat ek gevind het jy herhaal minder.