Philip Yancey: Gebed, maak dit enige verskil?
Lééf begin 'n aanlyn-selgroep
Ons begin met 'n studie oor gebed.
Toe ‘n doktorale student aan die Princeton-universiteit gevra het: “Wat bly daar in die wêreld oor waaroor ‘n mens oorspronklike navorsing vir ‘n verhandeling kan doen?” het Albert Einstein geantwoord: “Vind uit oor gebed. Iemand moet uitvind oor gebed.”
Sluit aan by Lééf se aanlyn-selgroep. Ons skop in Maart af met Philip Yancey se boek: Gebed – maak dit enige verskil?

Kry jou weeklikse studie- en oordenkstukkies vir die week op www.leef.co.za. Kry ‘n groep vriendinne bymekaar om mee saam te werk, of vind jou groep aanlyn, op die selgroep-forum, en deel die pad wat God besig is om met jou te stap, of jou vrae en struikelblokke. Ons is hier om mekaar te ondersteun.
Die kursus strek oor vyf weke:
- In die geselskap van God (ons kyk na ons diepste verlange om nader aan God te kom)
- Om die misterie te ontsyfer (ons kyk na of gebed God verander en waarom ons bid)
- Die taal van gebed (die grammatika van gebed, liggaamlike genesing)
- Gebedsdilemmas (ons kyk na onbeantwoorde gebed en liggaamlike genesing)
- Die praktyk van gebed (ek en gebed, gebed en ander, gebed en God)
Lux Verbi bied dié boek teen ‘n spesiale afslag van 20% aan ons lesers. Jy kan die boek teen R135.95 bekom, teenoor die gewone prys van R169.95. Bel 0860 231 231 om die boek te bestel en noem dat jy deel is van Lééf se aanlyn-selgroep.






Kommentaar - 11 opmerkings
Linda du Plessis
Vertel meer. Hoe gaan dit werk?Marika
Briljante idee en meer vrouens kan dit saam doen,selfs een etensuur per week.Ronel
Wonderlik hoe gemaak om deel te word en waar kan ons die boek bestel moet ons dit aanlyn bestel by Lux Verbi?Alta Kruger
Sjoe, smag al so lank na so geleentheid. In die Boesmanland is die kwessie van afstande 'n hindernis om 'n selgroep te begin.Tirsa
Ek stel baie belang, kan ons meer inligting kry asb.Amanda Coetzer
Wat 'n wonderlike idee, ons vroue nodig so iets, wil ook graag weet hoe die selgroep sal werk dankie vir so pragtige tydskrif.Chantelle
Kan nie wag nie, net een probleem ek sal nie nou die boek kan kry nie, die geldies is aan die min kant, maar ons sal 'n plan maak!!Maryke
Fantastiese idee! Dis so lekker om ander vrouens te 'ontmoet' en saam te kuier in Christus! ELKE persoon het ervarings waar mens van kan leer! Ek sien uit om ander se stories te hoor en saam oor GEBED te leer! Ek is 'n intersessor maar kry ook maar afskeep-tye en wil meer van GEBED leer om meer gefokus te kan bid!Elsie Strauss
Ek wil beslis deel wees daarvan, dit klink vir my na 'n wonderlike nuwe, vars manier van Bybelstudie doen en om te deel en te groei met mede-gelowiges!Magda
Goeie ideeannatjie booyens
laat weet asb meer kannie wag nie!!