Aanlyn-selgroep: Gebed, deur Philip Yancey.

Hoofstuk 9 - Watter verskil maak dit?

Deel met ander Kommentaar
 
0/5.0
Hoofstuk 9 - Watter verskil maak dit?

Het gebed werklik ‘n uitwerking op die wêreld daar buite, of is dit bloot ‘n private gesprek met God?

Hoofstuk 9 in ons aanlyn-selgroep se studieboek deur Philip Yancey, "Gebed, maak dit enige verskil?"

Lees bl 126-142

Het gebed werklik ‘n uitwerking op die wêreld daar buite, of is dit bloot ‘n private gesprek met God? Pogings om God se voetspore in die geskiedenis te volg, is altyd tevergeefs. Boonop toon navorsing dat die sterk afname in geloof onder Europeërs teruggevoer kantword na die wanhoop dat ná twee vernietigende wêreldoorloë op die vasteland gewoed het.

[h3]Ons kragtigste wapen[\h3]

Lees op bladsy 27 van President Bush se telekonferensies met evangeliste.

Yancey sê God se heerskappy omvat alle menslike instellings en die ganse geskiedenis. Helmuth Thielicke, ‘n predikant wat Hitler se afgodsbewind deurgemaak het, het gesê: “Die aardbol self word soos deur Atlas-arms omhoog gehou deur die gebede van dié wie se liefde vir God nie afgekoel het nie. Die wêreld leef deur heirdie opgehefte hande en deur niks anders nie!”

Yancey het gereis na plekke waar daar groot onregverdighede en menseregteskendings was en hy het tot ‘n gevolgtrekking gekom: “Ek het sedertdien agtergekom dat Christene wat geen toegang tot aardse mag het nie, waarlik glo dat gebd hul toegang gee tot ‘n hoër mag. Hulle beskou gebed trouens as ons kragtigste wapen teen onsigbare magte.”

Dinge om oor te dink en gesels:

  • Hoe fatalisties is jou denke oor gebed?

Die vraag waarmee hedendaagse denkers hulle so besig hou, naamlik waarom gebeur slegte dinge, word nie juis op sistematiese wyse in die Bybel behandel nie. Die rede is dat Bybelskrywers gedink het hulle weet waarom slegte dinge gebeur: Ons leef op ‘n planeet wat regeer word deur magte wat hulle daarop toespits om die wil van God te verydel en te warsboom.

“Natuurlik gebeur slegte dinge! Ons moet verwag om geweld, bedrog, siekte en allerhande vorme van teenstand teen God se heerskappy te sien op ‘n planeet wat deur die Bose regeer word. Ons bid omdat ons teen sulke magte geen kragtiger manier het om die twee wêrelde, die sigbare en onsigbare, byeen te bring nie.”

Karl Barth het geskryf: “Om die hande in gebed te vou, is die begin van ‘n opstand teen die wanorde van die wêreld.”

Lees bladsy 130 tot 137 – verskillende gebeurtenisse uit die geskiedenis waar mense gebid het vir uitkoms, onder meer aartsbiskop Desmond Tutu en pastoor Ray McCauley.

Tutu het in sy taak as voorsitter van die Waarheid- en Versoeningskommissie se verhore veral gebid. Die musiekant Bono het in dié tyd vir Tutu gevra hoe hy dit regkry om tyd af te knyp vir gebed en meditasie. Tutu het geantwoord: “Waarvan praat jy? Hoe dink jy sou ons hierdie goed kon doen as ons dít nie doen nie?”

Aansporing tot optrede

Yancey het uitgevind watter waagmoedige onderneming dit kan wees om te bid, aangesien die Gees hom dikwels veroordeel oor presies dit waaroor hy bid. “Here, help my buurvrou – u weet sy is ‘n enkelma”, sal hy bid. Dan kom die gedagte by hom op: “Hmm, het jy onlangs aangebied om saam met haar seun te gaan ski?”

Gebed kan as passiwiteit gesien word, asof dit bloot ‘n tyd van nadenke is oor God se standpunt ten opsigte van ‘n saak. Maar as ons éérs deur gebed vanuit God se oogpunt na dinge kyk, dryf dit ons om God se wil uit te voer, met ander woorde, om in God se koninkryk te gaan werk.

Lees op bladsy 142 oor die egpaar wat, ná ‘n geregistreerde seksoortreder in hul buurt kom bly het, begin het om om vir mense soos hy ‘n ontbyt te reël.

“Die mees veragte persone in die gebied het een plek waar hulle welkom kan voel en soos mense behandel word. Wat sou gebeur as ons Jesus se opdrag om ons vyande lief te hê en te bid vir dié wat ons vervolg, letterlik sou opneem?”

Die boodskap is duidelik, sê Walter Wink. “Die mense wat bid, is noodsaaklike agente in die finale oorwinning oor boosheid, lyding en die dood.”

Kommentaar - Geen kommentaar sover

Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na