Aanlyn-selgroep: Gebed, deur Philip Yancey.
Hoofstuk 8 – Vennootskap
In die verhouding tussen ons en God, twee totaal ongelyke vennote, is gebed die ideale medium vir kontak.
Hoofstuk 8 – Vennootskap
Lees bl 110-125
Ons geskiedenis is die verhaal van God wat mag weggee. Nadat God mense vertrou het met die gawe van ‘n vrye wil, het God hulle ook genooi om op te tree as vennote van God.
Yancey sê dit lyk dus op God onderneem het om met menselike vennote te werk – maak nie saak hoe onbekwaam is nie.
Paulus het gesê ons die “medewerkers in diens van God”. Maar, let Yancey op, iets het verander sedert Bybelse tye. “Adam het gesprekke gevoer met God; Abraham het God probeer afding soos ‘n afslaer; Moses het ‘n brandende bos gesien; Samuel het na God se hoorbare stem gesluister; die dissipels het van aangesig tot aangesig met Jesus gepraat. God het destyds die menslike geskiedenis binnegedring. Gebeur dit vandag nog?
God se stilswye in die moderne tye is egter nie ‘n nuwe ding nie. Die tien plae wat Glod deur Moses in werking gestel het, het byvoorbeeld gevolg op vier eeue van God se swye. “Omtrent die profeet Samuel se roeping sê die Bybel: ‘Die woord van die Here is in daardie tyd min gehoor, daar was nie dikwels openbarings nie’.
Yancey sê hy het tot die slotsom gekom dat ons huidige teleurstelling met God grotendeels veroorsaak word deur ons verwagting dat God vandag net so skouspelagtig soos destyds moet optree.
By nader ondersoek merk hy toe egter in die Ou Testament ‘n patroon op van God as die teensinnige ingryper in die geskiedenis. God wag, kies ‘n vennoot, vorder pynloik stadig, laat ‘n paar wonderwerke plaasvind, en wag dan weer. Jesus het ook op selektiewe manier ingegryp. Hy het nié alles wat verkeerd was, reggemaak nie.
’n Verandering is aan die gang
Jesus het ook ‘n belangrke verandering aangekondig – Jesus het God se teenwoordigheid losgemaak van sy tradisionele plek in ‘n bepaalde gebou en dit verplaas na ‘n hoogs onwaarskynlike loek, naamlik in gewone mense.
Jesus het die breuk tussen God en die mens herstel. Ons is self God se tempel, die woonplek van die Gees.
“God het nie hierdie planeet geskep as ‘n arena om sy mag oor die natuurwette te demonstreer nie – al smag die mens soms daarna om te sien dat God hulle buig ... In vergelyking met die Ou-Testamentiese verhale van wonderwerke en oorwinnings, lyk ons belewenis van ‘n verhouding met God soms na ‘n agteruitgang. Die teendeel is egter waar; die Nuwe Testament leer ons van ‘n lang en stadige, maar volgehoue, vordering met die mens se intimiteit met God.”
In die verhouding tussen ons en God, twee totaal ongelyke vennote, is gebed die ideale medium vir kontak. Gewoonlik kommunikeer hierdie Raadgewer baie subtiel: God plaas idees in my kop, maak my bewus van en skaam oor ‘n snydende opmerking wat ek pas gemaak het, inspireer my tot ‘n beter keuse as wat ek andersins sou gemaak het... God se Gees fluister eerder as om te skreeu, en bring vrede in plaas van onrus en beroering.
God-gebeure
In die gewone verloop van God se voorsienigheid werk Hy deur en in die skepping, nie ten spyte daarvan nie. Dit maak dit moeilik om gebedsverhoring bo alle twyfel te bewys.
Lees die uittreksel van CS Lewis se The Screwtape Letters op bladsy 114.
Rabbi Shlomo Carlebach het geleer dat “God-ervarings” nooit beplan of bewerkstellig kan word nie. “Hulle kom na ons as spontane oomblikke van genade, byna per ongeluk.
Dinge om oor te dink en gesels
- Het jy al ooit jouself ingedink as God se vennoot? Wat beteken dit vir jou gebedslewe?
Stadiums van gebed
Die eerste stadium is ‘n eenvoudige, kinderlike versoek vir iets wat ek begeer. Dis nie baie volwasse nie, maar mens kan sulke kinderlike versoeke ook nie onderskat nie.
Die tweede stadium behels ‘n soort meditasie, of oorpeinsing; om in God se geselskap te verkeer. “Uiteindelik wil ek bid vir wat God vir my wil hê, en as daar iets is wat nié God se wil vir my is nie, behoort ek dit ook nie te wil hê nie. Wanneer ek tyd afstaan aan mediterende gebed om God beter te leer ken, help dit my om my begeertes in ooreenstemming met God s’n te bring.”
Meditasie en oordenking plaas nie die klem op die welsyn van die persoon wat bid nie, maar op God.
Die derde stadium van gebed, die fase van onderwerping, wat ook Jesus ná ‘n lang nag van worsteling bereik het. “Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied.” Ja, God hoor en reageer op my versoeke. Ja, God sluit soms hierdie versoeke in b ‘n planvan optrede op aarde. Maar soos talle martelaars, onder meer God se eie Seun, sowel as Christene in die vervolgde kerk vandag, uitgevind het, kry ons nie altyd wat ons graag wil hê nie.
Koninkryksvennote
God het reg van die begin af staatgemaak op menslike vennote om die skeppingsproses voort te sit. As vennote in God se werk op aarde bid ons dringend dat God se wil sal geskied en terselfdertyd verbind ons ons tot enigiets wat in dié opsig van ons vereis mag word.
En Christus bid vir dié vir wie ons bid. Paulus het gesê: “En omdat ons sy kinders is, het God die Gees van sy Seun in ons harte gestuur, en in ons roep hy uit: ‘Abba!’ Dit beteken Vader.”
Christus se Gees bid in ons, al het ons nie die wysheid of die woorde vir gebed nie.
Gesamentlike optrede
Sommige mense is bekommerd dat gebed aanleiding kan gee tot dadeloosheid, dat ons gebed as plaasvervanger vir optrede sal beskou. Vir Jesus was daar geen teenstrydigheid tussen die twee nie: Hy het baie ure in gebed deurgebring en óók baie ure afgestaan om na mense se behoeftes om te sien.
Yancey sê sy eie frustrasie met gebed was voorheen gerig op God se gebrek aan ingryping. “Hoekom wou God nie doen wat ke vra nie? My beskouing het egter begin verander namate ek gebed begin verstaan het as ‘n vennootskap – daardie subtiele wisselwerking tussen die menslike en die Goddelike waardeur God se werk op aarde gedoen word.”







Kommentaar - 1 opmerking sover
rayno
ek wil net dankie se vir die Almagtige God wat ons elke dag die krag gee om aan te gaan. van rayno victory