Aanlyn-selgroep: Gebed, deur Philip Yancey.
Hoofstuk 5 – Om nader aan God te kom
Die hoofdoel van gebed is nie om die lewe vir ons makliker te maak of om magiese kragte te verkry nie, maar om God te ken.
Lees bl 62-76
Die hoofdoel van gebed is nie om die lewe vir ons makliker te maak of om magiese kragte te verkry nie, maar om God te ken. Ons het God self baie nodiger as enigiets wat ons van God kan kry.
Dinge om oor te dink en gesels:
- Waarom bid ons? Waarom is hierdie gebruik wat so problematies vir baie mense is, so belangrik vir God?
Waarom het Jesus gebid?
Wanneer Yancey leidrade soek oor dinge in die geloofslewe, kyk hy altyd eers na Jesus se lewe. En Hy het nooit gewonder of God bestaan nie. Hy het nooit getwyfel of Iemand luister nie. Hy het trouens telkens weggevlug van die skares mense om alleen met God te verkeer.
Jesus het gebed beskou as ‘n brond van krag wat Hom in staat gestel het om op aarde voort te gaan om in vennootskap met God te lewe. Hy het gesê: “Julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra.”
Gebed is nie ‘n saak van nuwe inligting wat ons aan God gee nie.
Tom Stafford sê die volgende:
“Ek glo die sleutel tot begrip van die persoonlikste aspek van gebed lê hier: Ons bid nie om vir God dinge te vertel wat God ie weet nie, of om God te herinner aan dinge wat Hy vergeet het nie. Hy is reeds besorg oor die dinge waaroor ons bid... Hy het bloot gewag dat ons saam met Hom daaroor besorg moet wees. Wanneer ons bid, staan ons by God en kyk saam met Hom na die mense en probleme waaroor ons bid. Wanneer ons ons oë van hulle af na Hom wend, doen ons dit met liefdevolle lof, net soos ons na ons oudste en dierbaarste vriende sal kyk om vir hulle te sê hoe lief ons hulle het, al weet hulle dit reeds ... Ons praat met Hom soos ons met ons intiemste vriende praat – dis ‘n liefdevolle verhouding waarin ons met mekaar kommunikeer.
Vriendskap
Die analogie van vriendskap het ook ‘n Bybelse oorsprong. “Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel,” het Jesus gesê. “Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want ‘n ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie. Nee, Ek noem julle vriende omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.”
Vriendskap met God omvat al die vlakke van kommunikasie. God gee om vir ons doodgewone, alledaagse ervarings, maar ook vir ons meer verhewe gewaarwordings. Al sit ek stil voor God, kan ons steeds kommunikeer – soms selfs beter as wanneer ek in woorde bid.
God ken ons volkome, het CS Lewis gesê – met dieselfde Goddelike alwetendheid waarmee Hy ook erdwurms, kookloppe en newelwolke ken. “Dis ons lotsbestemming, of ons hou daarvan of nie. Maar hoewel God se kennis van ons nooit verander nie, kan die manier waarop ons gekend word, wel wissel.”
Yancey sê ons kan heelhartig instem om so gekend te word; ons kan ons oopstel voor God; ons kan ons as’t ware beskikbaar stel vir beskouing. Ons kan God in ons lewe innooi en ons in God s’n. Wanneer ons dit doen en ons by wyse van spreke op persoonlik voet met God plaas, raak die verhouding meer intens en ontstaan die moontlikheid van ‘n buitengewone vriendskap.
Voortgaande dialoog
Volgens een baie ou definisie is gebed “om in God se geselskap te verkeer”. Dit omvat die wonderlike verskeidenheid openbarings van God se teenwoordigheid, soos ‘n ontmoeting met ‘n vriend, of ‘n naturtoneel. “Wanneer ek dié soort eposodes in my gebed insluit, verleng en geniet ek die vreugde daarvan..”
Alan Ecclestone het gesê om te bid is om ons oomblikke van persepsie ten beste te benut. “Jy staan stil by die dinge wat gebeur het, jy draai dit om en om soos iemand wat ‘n geskenk bekyk, jy plaas dit in die konteks van die verlede en toekoms ... jy gee die oombik tyd om te wys wat alles daarin vasgelê is.”
En natuurlik moet jy hom vertel van jou frustrasies.
Jesus het die perfekte voorbeeld gestel van gebed as voortgaande vorm van vriendskap. Soos elke volgeling van Hom egter uitvind, kom gebed nie vir ons so natuurlik soos vir Hom, die oorspronklike Gebedsvernuwer nie. “Ek sukkel om gebed as ‘n dialoog eerder as ‘n monoloog te beskou. Hoe kan ek kommunikeer met ‘n God wat nie met hoorbare woorde reageer nie?”
Lees die Psalms in die Bybel en Jesus se gebede om meer oor gebed en God te leer, soos Sy voorliefde vir geloofstoetse, sy voorkeur vir rebelse karakters, sy onbegryplike verdraagsaamheid. “En ek leer veral dat God niks hoe te bewys nie.”
Ten spyte van teleurstellings probeer ek vorlhard met gebed en so raak ek bewys van ‘n deelnemer aan die gesprek wat die ander kant van die gebedsdiallog oorneem – ‘n soort interne alter ego wat God se standpund stel.
Hartstogtelike bondgenootskap
Wanneer ek mense se gebed wat in die Bybel opgeteken is, nagaan, is ek telkens verbaas om te sien hoeveel daarvan ontevrede en moedswillig klink: Jeremia wat kla dat hy net so min op God kan reken as ‘n niestandhoudende stroom water, Job wat vra watter nut het dit om Hom te aanbid, Habakuk wat God beskuldig van doofheid.
Yancey se afleiding is dat die Bybel ons leer om met skroeiende eerlikheid te bid.
Die feit dat God hartstogtelike uitbarstings toelaat en selfs aanmoedig, wys hoe sterk en eerlik God se bondgenootskap met ons is. God se Ou-Testamentiese benoote het hul beroep op Sy reputasie en selfs Sy trots. “Moenie toelaat dat U vyande U verneder nie.” Hulle was ook nie skaam om God te herinner aan hul eie bydraes en ‘regverdigheid’ nie. En wanneer dit nie help nie, het hulle eenvoudig beroep op God se deernis: “Wees my genadig.”
“Wanneer ek hierdie gebed in die Bybel lees, gee dit my die vryheid om teenoor God te kla wanneer dinge in die wêreld nie verloop soos wat ek glo hulle moet nie. As ek uit die Bybel se opgetekende gebede leer dat God wil hê ons moet ons eerlike gevoelens en klagtes persoonlik teenoor God opper omdat ons in ‘n innige verhouding met God staan, kan ek mos nie deur die lewe marsjeer en voorgee dat ek glimlag terwyl ek innerlik bloei nie. Dan onteer ek dié verhouding.”
Dinge om oor te dink en gesels:
- Ervaar jy God as ‘n bondgenoot? Is jy absoluut eerlik wanneer jy voor Hom staan?







Kommentaar - Geen kommentaar sover