Aanlyn-selgroep: Gebed, deur Philip Yancey.
Aanlyn-selgroep: hoofstuk 4 - Die God wat is
"Ek het geleer om gebed nie te beskou as ‘n manier om God se teenwoordigheid te verkry nie, maar eerder as die manier waarop ek reageer op God se teenwoordigheid."
Lees bladsy 49-61
Baie godsdienste het rituele om hul gebede aan te help, soos die gebedswiele in Nepal, speelgoedgeld in Japan en offerandes vir Hindoes. Yancey sê baie Christene benader dikwels hul gebed op dieselfde manier. “As ek my kant bring, ‘skuld’ God my iets. Aanbidding word ‘n soort transaksie ... eerder as ‘n verhouding ... ‘n gebruik wat ‘n plig is eerder as ‘n vreugde.”
Nabeelde
Lees die brief wat Yancey van ‘n leser in Cornwall, Engeland, ontvang het. “Ek het daardie knusse, eenvoudige, hegte verhouding met God wat ek uit my kinderdae onthou, kwytgeraak.”
Elke mens benader God vanuit ‘n klomp voorveronderstellings wat verkry is uit talle bronne: die kerk, predikante en pastore, Sondagskoollesse, geestelike boeke, rolprente, preke deur evangeliste, toevalligeopmerkings deur gelowiges sowel as sceptici. Nabeelde van hierdie indrukke is ons denke vasgelê.
‘n God wat nie gebonde is aan ons reëls van tyd nie, is in staat om in elke mens op aarde te belê.. God het, letterlik, al die tyd in die wêreld vir elkeen van ons.
Maar meer ter sake is die fet dat Jesus gebed as belangrik genoeg beskou het om self baie ure daaraan af te staan. As ek die vraag ‘Hoekom bid ons’ in een sin moet beantwoord, sal dit wees: ‘Omdat Jesus gebid het’. Hy het die kloof tussen God en mens oorbrug. Terwyl Hy op aarde was, het Jesus kwesbaar geword, soos ons is; Hy het soos ons verwerping ervaar en is soos ons getoets. In al hierdie situasies het Hy met gebed reageer.
Onvoorspelbare teenwoordigheid
Nog ‘n struikelblok is God se onsigbaarheid. Daar is sekere dinge wat my geloof voed, soos openbarings van skoonheid in die natuur, ontmoetings met mense wat hul geloof uitleef. Maar dan is daar ook dinge wat twyfel in my voed: God se onverklaarbare verdraagsaamheid teenoor gruwels in die geskiedenis, my onbeantwoorde gebede, volgehoue tye van God se oënskynlike afwesigheid. Ontmoetings met God beval altyd ‘n element van misterie.
“Wanneer ek wonder hoekom God nie bloot ‘opdaag’ en aan ons verskyn nie, onthou ek dat toe God dit in die verlede wel gedoen het, veral in die dae van die Ou Testament, dié verskyning nie juis kommunikasie met mense verbeter het nie. Ek troos myself dat alle verhoudings mos maar soms goed en soms minder goed vlot. Soms is kommunikasie verbaal, soms woordeloos, soms intiem, soms onpersoonlik. Gewoonlik is hierdie teregwysings aan myself egter nie baie doeltreffend nie. Ek bly sit met die onthutsende wete dat God, jnie ek nie, uiteindelik die verhouding beheer.”
Lees van Etty Hillesum, die Joodse meisie, se ervaring in Augschwitz en haar ononderbroke dialoog met God.
Gebed, sê Yancey, is ‘n ondermynende daad wat ons aanpak in ‘n wêreld waar geloof gedurig bevraagteken word. Juis terwyl ek besig is om te bid, kan ek ‘n gevoel van vervreemding ervaar, maar dit is óók deur geloof dat ek aanhou bid en soek na ander tekens van God se teenwoordigheid.
God is teenwoordig in die skoonheid van die skepping, waarvan die meeste nooit eens deur enige mens waargeneem word nie. Hy is teenwoordig in sy Seun Jesus, wat die planeet besoek het en nou optree as voorspraak vir dié wat agtergebly het. Hy is ook teenwoordig in dié wat honger is, die haweloses, die siekes en dié wat in die gevangenis is, vgl Matt 25.
Ek het geleer om gebed nie te beskou as ‘n manier om God se teenwoordigheid te verkry nie, maar eerder as die manier waarop ek reageer op God se teenwoordigheid.
Dinge om oor te dink en gesels:
- Yancey sê wanneer jy vassteek by gebedstegnieke wat nie “werk” nie en jy skuldig voel, moet jy jouself herinner dat gebed beteken jy verkeer met God, die God wat reeds teenwoordig is.
Luister na God
Lees Yancey se ervaring van ‘n retrait, bl 58-59.
Die Duitse teoloog Meister Eckhart het gesê: “hoe rustiger die denke, hoe kragtiger, waardiger, dieper, meer veelseggend en bevredigend is die gebed.”
Dinge om oor te dink en gesels:
“Ek is nou meer as ooit daarvan oortuig dat God maniere vind om te kommunikeer met dié wat Hom opreg soek, veral wanneer ons die moeite doen om die statiese inmenging van die omgewing om ons stil te maak.
- Kry jy kans om vir lang tye voor die Here stil te raak?
- Wat is jou ervarings daarmee?
Gebed wat op God gefokus is, peinsende gebed van die hart, kan as ‘n soort selfvergetelheid dien. Sommige mense beskou dié soort gebed as “nuttelose optrede” omdat ons dit nie doen om iets te bereik nie, maar spontaan, so nutteloos soos ‘n kind wat speel.
En dan die belangrikste.
“Ek het geleer: Hoewel my behoeftes my tot gebed kan dryf, kom ek in gebed van aangesig tot aangesig met my grootste behoefte: ‘n ontmoeting met God self.”
Jy hoef nie op ‘n trom te slaan nie, jy net reeds God se aandag.







Kommentaar - 2 opmerkings
Linda du Plessis
Ja, ek maak tyd vir lang tye voor die Here. Ek beleef God se teenwoordigheid by my. Wat gaan aan, hoekom neem die mense nie deel nie?A3D
'n Mens moet versigtig wees om 'n resep te probeer navolg, omdat God die verhouding beheer kan 'n mens partykeer met versugtinge meer sê as met woorde. God vra gebede uit die hart uit. 'n Ierse spreekwoord lê dit nogal vir my mooi uiteen- God hoor die gebed van die opregte, al word ook geen woord gesê nie. Ek wens ek kon met alle eerlikheid sê dat ek lang tye voor God neerlê, want dit is die ideaal en daar is eintlik geen verskoning daarvoor nie. Verskeie seisoene in 'n mens se lewe kan bepaal hoeveel tyd jy aan God afstaan. Maar selfs in die Niemandsland Tyd ( winter seisoen) van jou lewe is dit ook reg om net in die stilte te wag.