Aanlyn-selgroep: Gebed, deur Philip Yancey.

Aanlyn-selgroep: 'Gebed', deur Philip Yancey

Deel met ander Kommentaar (8)
 
0/5.0
Aanlyn-selgroep: 'Gebed', deur Philip Yancey

"Vir baie van die mense met wie ek gepraat het, het gebed soos ‘n las, eerder as ‘n genot gevoel. Hulle het dit beskou as belangrik, selfs as van hoogste belang, maar het skuldig gevoel oor hul mislukking met gebed en het hulself daarvoor kwalik geneem." Ons skop af met hoofstuk een.

Yancey het vir sy navorsing met gewone mense onderhoude oor gebed gevoer wat gewoonlik só verloop het:

“Is gebed vir jou belangrik? O ja. Hoe dikwels bid jy? Elke dag. Omtrent hoe lank? Vyf minute, wel, dalk sewe. Vind jy gebed bevredigend? Nie eintlik nie. Voel jy God se teenwoordigheid aan wanneer jy bid? Soms, nie dikwels nie.

Vir baie van die mense met wie ek gepraat het, het gebed soos ‘n las, eerder as ‘n genot gevoel. Hulle het dit beskou as belangrik, selfs as van hoogste belang, maar het skuldig gevoel oor hul mislukking met gebed en het hulself daarvoor kwalik geneem.”

Ons skop af met deel een wat handel oor ons diepste verlange. 

DEEL 1 – ONS DIEPSTE VERLANGE

Hoofstuk 1: Ons diepste verlange

Lees bladsy 11-18

Lees die teksgedeelte oor waar Yancey in Rusland seergekry het en toe per epos ‘n gebedsversoek deurgesit het na sy ondersteuingsnetwerk in Amerika. “Is dit hoe gebed werk? het ek gewonder toe ek terugstap hotel toe. Ons stuur seine uit ‘n sigbare wêreld na een wat onsigbaar is in die hoop dat Iemand dit sal ontvang. En hoe sal ons weet? Nogtans het ek die eerste keer daardie dag gevoel hoe die knop van vrees en kommer in my maag begin skietgee. Binne ‘n paar uur sou my vriende en familie, mense wat omgee, hul rekenaars aanskakel, my boodskap lees en namens my bid. Ek was nie alleen nie.”

‘N UNIVERSELE ROEPSTEM

Elke geloof het die een of ander vorm van gebed, want dit spruit voort uit ‘n basiese menslike behoefte. Soos Thomas Merton gesê het: “Gebed is ‘n uitdrukking van wie ons is... ons is ‘n lewende stuk onvoltooidheid. Ons is ‘n vakuum, ‘n leemte wat roep om vervulling.”

In gebed verbreek ons die stilte en die woorde vloei diep uit ons binneste.

’N MODERNE STRYD

Groot geloofsvaders soos Luther en Simeon het ure op hul knieë deurgebring, maar die gemiddelde moderne mens sukkel om dieselfde tyd in God se teenwoordigheid te spandeer. Yancey vra die vraag: Wat is die rede vir die verskil tussen Luther in Simeon se ure op hul knieë en die moderne bidders se kriewelrigheid na vyf minute in ‘n stoel?... In teorie is gebed ‘n essentiële deel van menswees, ‘n onskatbaar waardevolle punt van kontak met die God van die heelal. Maar in die praktyk ervaar mense gebed dikwels as verwarrend en frustrerend.

Nog iets wat bydra tot ons verwarring oor gebed is wetenskaplike en tegnologiese vooruitgang.

Byna oral in die wêreld word gebed met moderne skeptisisme besmet. Ons asem ‘n atmosfeer van twyfel in. hoekom laat God die wêreldgeskiedenis voortsteier sonder om in te gryp? Watter nut sal gebed hê, so dink ons, teen bedreiging van ‘n kernaanval, teen terrorisme en orkane en globale klimaatsverandering?

Ook voorspoed kan ons vertroue in gebed afwater, en natuurlik, die toenemende druk op tyd laat ons met al minder tyd vir die stadige pas wat gebed vereis. Kommunikasie met ander raak al hoe korter, meer kripties. Waar pas God in ‘n program wat reeds oorlaai is?

Pelgrimstog

Yancey sê hy skryf oor gebed soos ‘n pelgrim op ‘n onbekende tog. Hy vra dieselfde vrae as wat op een of ander stadium by almal opkom. Luister God? Hoekom sou God Hom aan my steur? Hoekom moet ‘n mens bid as God alles weet? Hoekom lyk die antwoorde op talle vrae dikwels so wispelturig? Staan die kankerlyer vir wie baie vriende bid ‘n beter kans op liggaamlike genesing as een vir wie net ‘n paar mense bid? Hoekom voel dit of God soms naby en ander kere so ver is. Bring gebed ‘n verandering by God of my?

Maar deur al hierdie vrae, skryf Yancey, bly sy grootste begeerte om God te ken. Met die skryf van die boek het hy tot die besef gekom gebed is ‘n voorreg, nie ‘n plig nie, hoewel dit ‘n mate van dissipline verg.

Die meeste van my probleme in die Christelike leefwyse draai om twee temas: Hoekom tree God nieop soos ons wil hê God moet optree nie? En hoekom tree ek nie op soos God wil hê ek moet optree nie? Gebed is die presiese punt waar dié twee lyne mekaar ontmoet.

Dinge om oor te dink en gesels met mekaar:

  • Watter struikelblokke is daar in jou gebedslewe?
  • Ervaar jy dikwels God se teenwoordigheid in jou bede, of voel dit soms of jy teen ‘n plafon vasbid?

Kommentaar - 8 opmerkings

ronel visser

as ek bid glo ek dat god hoor so glo ek dat my gebede verhoor word
Uitgesit op Ma., Mar. 1ste 2010, 08:44

Linda du Plessis

1. Onverhoorde gebede. Om gefokus te bly en onophoudelik te konsentreer tydens "stil" tye saam met God. Die verskriklike stadige pas wat gebed vereis. 2. Ek ervaar selde God se teenwoordigheid tydens my gebede en ja, dit voel soms asof ek teen die plafon vasbid.
Uitgesit op Ma., Mar. 1ste 2010, 12:10

Adri Venter

'n Vriendin het voorgestel ek moet vir God begin briewe skryf. Ek kan nie vir julle vertel watter verskil dit maak nie. My geestelike lewe is op 'n vlak wat ek nog nooit beleef het nie. Skielik bid ek vir baie meer dinge en dis anders as wat dit ooit was. Dis werklik soos gesels en dit kan soms langer as 'n halfuur aanhou.
Uitgesit op Ma., Mar. 1ste 2010, 15:21

Carolindie Els

Ek weet as ek bid, die Here elke gebed en smeking hoor, maar tog voel dit of Hy my soms verloor of sal ek sê ek verloor Hom soms langs die pad. Ek is altyd bekommerd oor my kinders se toekoms en elkeen van ons wil tog die beste vir ons kinders hê. My oudste werk baie hard op skool en dan kom die teleurstelling na elke toets. Sy is ñ groot Christen, het haar hele hard vir die Here gegee, en tog voel dit vir my asof Hy my straf, weet nie meer wat om te doen nie. Ek bid en bid, maar voel of die Here my nie hoor nie. Is regtig bekommerd!!!
Uitgesit op Woe., Mar. 3de 2010, 12:36

Maryke

My struikelblokke is as waneer ek oortuig is iets is van God....dit so aan Hom opdra en bid daaroor....en dan werk dit nie uit soos ek geglo het God my gewys het dit sal nie.. ek het 'n stErk geloof...en raak sO teleurgesteld as ek God 'verkeerd verstaan/hoor'....wat na gebed & geloof heeltemal anders uitwerk as wat ek geglo het! Ek wens ook ek kan ELKE keer dat ek bid met God 'connect'/Sy teenwoordigheid ervaar. Ek weet dat dit nie die rede vir gebed moet wees nie.....maar dit is soveel lekkerder en inspirerend as jy God se teenwoordigheid ervaar gedurende gebed en stiltetyd.... Ek het 'n passie vir gebed..probeer soveel moontlik daaroor lees en leer en probeur om regdeur die dag met God te gesels...party dae is dit 'n wonderlike ervaring....maar baiekeer wens ek net vir meer van Sy teenwoordigheid en krag ! En dat ek HOm duideliker sal hoor/beleef/verstaan!
Uitgesit op Do., Mar. 4de 2010, 12:07

Maryke

My struikelblokke is as waneer ek oortuig is iets is van God....dit so aan Hom opdra en bid daaroor....en dan werk dit nie uit soos ek geglo het God my gewys het dit sal nie.. ek het 'n stErk geloof...en raak sO teleurgesteld as ek God 'verkeerd verstaan/hoor'....wat na gebed & geloof heeltemal anders uitwerk as wat ek geglo het! Ek wens ook ek kan ELKE keer dat ek bid met God 'connect'/Sy teenwoordigheid ervaar. Ek weet dat dit nie die rede vir gebed moet wees nie.....maar dit is soveel lekkerder en inspirerend as jy God se teenwoordigheid ervaar gedurende gebed en stiltetyd.... Ek het 'n passie vir gebed..probeer soveel moontlik daaroor lees en leer en probeur om regdeur die dag met God te gesels...party dae is dit 'n wonderlike ervaring....maar baiekeer wens ek net vir meer van Sy teenwoordigheid en krag ! En dat ek HOm duideliker sal hoor/beleef/verstaan!
Uitgesit op Do., Mar. 4de 2010, 12:09

CHARMAINE

dit voel asof ek teen `n plafon vasbid alles loop net verkeerd ek is te bang om gelukkig te wees want dan gewoonlik sal daar weer iets gebeurwat dit in sekondes wegvat ek is net gelukkig as my kinders gelukkig is
Uitgesit op Do., Mar. 11de 2010, 12:17

Kate Greyvenstein

Wat n wonderlike God dien ons nie!!!, Laat in my lewe het ek die krag van gebed ondek en ek prys die Here dat ek vandag oral n tydtjie het om met hom te praat. Praat elke dag met God en later kan u nie meer sonder hierdie geselsie met Hom klaar kom nie. Kate
Uitgesit op Sat., Apr. 10de 2010, 18:34
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na