Die apostel Paulus beloof: “Die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê kan word nie.”
Het jy geweet daar is meer as 650 gebede in die Bybel opgeteken? Ons kan dit gebruik as uitstekende riglyne vir hoe om te bid.
Wanneer ons sukkel om te bid, kan ons gaan kyk na die gebed wat Jesus self vir sy dissipels gegee het toe hulle hom gevra het hoe om te bid.
Jy moet jou eie manier kry van bid, nie iemand anders s’n nie.
Ons moet bid soos ‘n verkoopsman wat sy voet in die deuropening ingedruk het, sê Yancey, soos ‘n stoeier wat sy teenstander in ‘n kopklem beet het en hom nie wil los nie.
Hoekom bid? Klaarblyklik hou God daarvan dat ons vra.
Het gebed werklik ‘n uitwerking op die wêreld daar buite, of is dit bloot ‘n private gesprek met God?
In die verhouding tussen ons en God, twee totaal ongelyke vennote, is gebed die ideale medium vir kontak.