Vrystaat retreat in Ladybrand
Vrystaat-retreat
Lééf se retreat kom Vrystaat toe!
Wat is dan nou mooier as die asemrowende natuurskoon van die Oos-Vrystaat om 'n mens te inspireer tot stilword, rus en geestelike asemskep?
"Kom nader aan God se hart" is die tema van ons wegbreek-naweek by St Augustine's, 'n prentjiemooi konferensiesentrum sowat 15 km buite Ladybrand. Met sy rug teen die berg, werf vol reuse-eike en ouwêreldse klipkapel met brandglasvensters is dié ou sendingstasie 'n ware rusplek vir jou siel.
Liedjievrou, storieverteller en gewilde spreker Annalise Wiid sal ons in die groepsessies lei om weer intien in veling met God - en met al die diep plekke van ons eie hart - te kom. Daar sal ook kans wees vir afsondering, nadenke, gebed en berading.
WANNEER: Vrydag 7 (laatmiddag) tot Sondag 9 Mei 2010 om 12:00
WAAR: St Augustine's, Ladybrand
KOSTE: Intekenaar: R1500, Nie-intekenaar: R1 765. Geen enkelkamers is ongelukkig vir hierdie retreat beskikbaar nie. Sluit in verblyf, etes, koffie en tee, 'n bederf-geskenkpakkie en die jonste uitgawe van Lééf.
BESPREEK JOU PLEK by Yolandé Roodt by 011 263 4706 of yolande.roodt@leef.co.za.
Opskud, slegs 60 plekke beskikbaar!






Kommentaar - Geen kommentaar sover