Kom nader aan God met aanbidding

Kom sit in My lig

deur Lizette Murray Deel met ander Kommentaar
 
5/5.0
Kom sit in My lig

Vind balsem vir jou gebrokenheid in aanbidding.

Hoe lyk jou prentjie van God?

Trevor Hudson skryf in Signposts to Spirituality dat sy prentjie van God het bepaal hoe hy die wêreld om hom gesien het. Hoe hy elke dag leef. Hoe hy aanbid.

Sien jy God as 'n onverbiddelike Vader wie se genade jy moet verdien? Probeer jy Hom behaag uit vrees dat Hy Sy seën van jou gaan weerhou?

In stilte

"Weet stil en weet dat Ek God is," skryf die Psalmdigter. Ons moet ophou om God te wil wees en alles in ons lewe probeer beheer. Ons moet dit aan God oorlaat om God te wees, stel Simon Tugwell dit in Prayer: Living with God. Ons kan maar net by Hom gaan sit en alles aan Hom vertel. Al weet hy dit reeds. Wanneer ons ons mislukkings, swakhede en beperkings aan Hom erken, reageer Hy op ons menslike broosheid - nie met straf nie, maar met eindelose genade.

Lééf so:

  1. As jou gedagtes maklik dwaal, is dit nuttig om 'n notaboekie byderhand te hou waarin jy jou gebed kripties kan neerskryf.
  2. Kies 'n tyd van die dag wat die beste by jou leefstyl pas vir stilword en aanbidding by God. Skakel jou foon af.
  3. Skaf 'n gebedeboek aan en lees 'n gebed daaruit om jou gedagtes te rig voordat jy self met God praat.
  4. Laai aanbidding-CD's in jou motor vir wanneer jy in spitsverkeer vassit.

Kommentaar - Geen kommentaar sover

Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na