Sondes van die vaders

Hoe moet ek dink oor erfsonde?

deur Estell Brink Deel met ander Kommentaar (1)
 
0/5.0
Hoe moet ek dink oor erfsonde?

Het die sondes van die voorsate enige houvas op my lewe?

Wat van dinge wat geestelik deur ons voorsate aan ons oorgedra word, hoe moet mens daaroor dink?

Is daar regtig iets soos 'erfsonde'?

Inderdaad, meen ds Tertius Bezuidenhout, leraar aan 'n gemeente in Kaapstad. Volgens hom is erfsonde die teologiese omskrywing vir die sondige natuur wat elkeen van ons geërf het weens Adam en Eva se manewales (Genesis 3:14-23). Elke mens word in die "sonde-bedeling" gebore en die enigste oplossing vir dié probleem is om Jesus se volledige offergawe aan die kruis en die nuwe lewe wat Hy gee, te aanvaar (Romeine 5:10).

Wat is 'familiesonde'?

Familiesonde spruit uit 'n spesifieke sonde van jou voorgeslagte wat nooit voor God bely en in die Naam van Jesus afgesny is nie, en so deur die bloedlyn oorgedra kan word. In haar boek "Breaking Generational Curses" skryf Marilyn Hickey dat so 'n sonde gewoonlik ontstaan by een mens wat in sonde soos geweld, alkoholisme of sedsuele sonde verval. As dit nie bely word en die leefstyl nie verander nie, kan dit 'n gedragspersoon vorm.

Maar ek is dan wedergebore?

Teoloë verskil hieroor. Sommige glo dat Jesus al ons sondes aan die kruis betaal het en dis waar die storie eindig. Dit impliseer dat selfs al was jou ouers of voorouers betrokke by iets soos die okkulte, die binding daarvan op jou verbreek word die oomblik dat jy jou lewe aan Jesus toewy. 

Wie kan help?

Ander kenners stem saam dat Jesus die skuls van die sonde betaal het, maar dis nou jou verantwoordelikheid is om 'n pad van heiligmaking te stap om werk te maak van die gevolge van sonde. Amanda Buys is meer as 20 jaar betrokke by bevrydingswerk. Die teenwoordigheid van bloedlynsondes in jou familie beteken nié dat jy nie hemel toe sal gaan nie, maar dit verhoed dat jy 'n lewe van oorvloed en oorwinning op aarde kan lei."

Hoe weet ek of daar 'n binding in my familie is?

Dink bietjie na oor jou familie-stamboom. Herken jy 'n slegte patroon wat herhaal? Dit kan dinge insluit soos armoede, alkoholisme, buitengewone geweld en aggressie, miskrame, kanker, egskeiding, buite-egtelike kinders, skuld, ongelukke, nagmerries, pronogrfie.

Hoe breek mens 'n familiebinding?

Sien Galasiërs 3:13-14. Enige nagevolg van familiesonde kan by jou stop.

  • Die pad uit is tyd met God. Gaan sit by die Vader se voete en vra hom om self met jou te praat.
  • Doen versigtige navraag by jou ouers of grootouers oor dinge wat jy voel die Heilige Gees vir jou uitwys.
  • Begin bid en vra God om dinge duideliker te maak.
  • Bely eers jou eie sondes wat Hy jou wys. Ons kan nie ons familie blameer of as verskoning gebruik om aan te hou sondig nie.
  • Bring dan jou en jou familie se sondes voor God (Spreuke 28:13)
  • Aanvaar Sy vergifnis. Verklaar hardop dat God jou vrygemaak het.
  • Maak nou tyd om God te aanbid en dankie te sê vir Sy getrouheid

Kommentaar - 1 opmerking sover

Riana Venter

Ek is 'n pastorale berader en kan net getuig dat bloedlynsondes/karakter wat "oorgedra" word deur ouers, geweldige bindinge veroorsaak in families. Ek bid dat God die bruid van Christus se oe sal open sodat hulle ware vryheid kan ervaar. Dit help ook nie mense bely hierdie sonde uit vrees vir God se toorn nie, dit moet als uit liefde vir Christus geskied. Hy wil ons lei na 'n intimiteits verhouding met Hom en dan word dit maklik om hierdie dinge in ons lewens te identifiseer. Ons het Hom so lief, dat ons nie wil he dat enige iets skeiding moet bring tussen ons en Hom nie.
Uitgesit op Woe., Des. 16de 2009, 20:26
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na