Die Tabernakel

‘n Prentjiepad na God se hart

Deel met ander Kommentaar (1)
 
0/5.0
‘n Prentjiepad na God se hart

Praktiese wenke om die begrip van die Tabernakel in jou eie lewe toe te pas

Heleen de Haas van Stellenberg-gemeente in Kaapstad rig gereeld gebedstente in volgens die uitleg van die Tabernakel, veral op jeugkampe.
Hier beleef sy dikwels hoe ’n fisiese uitbeelding van die Tabernakel mense help om beter te verstaan wie God is en wat Hy vir ons in Jesus kom doen het.
“So kan jongmense byvoorbeeld hul sondes bely en op papiertjies neerskryf, wat dan simbolies verbrand word by die “Brandoffer-altaar”. Verder kan hulle hul hande of voete was by die brons-waskom, en die Woord lees by die Goue Kandelaar,” vertel Heleen.
“Daar’s ook intieme Nagmaalbediening by die Toonbrodetafel; die groot “Dankie Jesus-lap” by die voorhangsel waarop jongmense lof bring; klippe met bemoedigende Skrif of God se Name op voor die kruis in die Allerheiligste; saadjies simbolies van nuwe lewe en vele meer.”

Kontak Heleen by heleen@calligraphy.za.net of 021 976 3580

Hoe doen ek dit prakties?

  • In jou stiltetyd, lees weer deur hierdie artikel. Bid daardeur soos God jou lei.
  • Sit dit op teen jou gebedsmuur of voor in jou Bybel, so bly dit byderhand!
  • Wees eerlik met jouself en God. Bely dinge wat pla. Jy kan dit ook neerskryf en dan opskeur of verbrand as simboliese aksie dat dit afgehandel staan.
  • Wy jou lewe en werk opnuut aan Hom toe.
  • Vra God vir ’n nuwe liefde vir Sy Woord. Doen moeite om gereeld Bybel te lees.
  • Vra God vir ’n nuwe invulling met Sy Heilige Gees. Ook vir kreatiewe idees hoe jý prakties ’n lig in die wêreld om jou kan wees.
  • Doen moeite en bestudeer hierdie (Eksodus 25–40) en ander onderwerpe waaroor jy wonder. Oorweeg om bronne soos ’n Bybelkonkordansie te bekom, sodat jy self meer kan leer en deel dit met 'n vriendin of Bybelstudiegroep.
  • Praat met God, oor alles. Dit is Sy hartsbegeerte dat ons sal!
  • Onthou om te bid vir die vrede van Jerusalem. Daar sal nooit vrede wees voordat Jesus nie terugkeer om te  regeer nie; dus bid ons dan eintlik vir Sy wederkoms.

Kommentaar - 1 opmerking sover

Latetia Oldewage

dankie dankie dankie vir hierdie artikel. dit bevestig net dit waarmee ek ook besig is nl Shabbat Shalom. om so God se teenwoordigheid en vrede en rus in te nooi. dankie ook vir julle laaste gedeelte nl bid vir die vrede van Jerusalem. ek hoop baie mense lees dit raak en begin nuuskierig raak oor God se ewigheidsplan met Israel en die volk van Israel. shalom
Uitgesit op Woe., Jan. 27de 2010, 19:40
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na