Toets jou Bybelkennis

Bybelvasvra

Deel met ander Kommentaar (7)
 
5/5.0
Bybelvasvra

Wie was Hiskia nou weer? En uit watter stam is Jesus gebore? Toets jou kennis elke maand!

VRAE

  1. Wie was Naäman?
  2. Watter stad het Jona na gevlug?
  3. Hoekom het Koning Ahasvéros vir Koning Vasti laat onttroon?

ANTWOORDE

  1. Kaptein van ’n Aramese leër wat aan melaatsheid gely het en genees is nadat hy na ’n Israelitiese slavin geluister het en die profeet Elisa op haar aanbeveling besoek het en sewe keer in die Jordaanrivier gebad het. 2 Konings 5: 1-19
  2. Tarsis.Jona 1:3
  3. Ahasveros het gevra dat Vasti met haar kroon op haar kop kom dans en dus haar sluier moes afhaal. Vasti wou nie sonder ’n sluier voor sy vriende verskyn en dans nie want dit was nie die tradisie nie. Hy was kwaad omdat sy ongehoorsaam was. Sy raadsmanne het voorgestel dat sy onttroon word. Ester 1:9-22.

Vorige rondes

  1. Wie in die Bybel het 969 jaar oud geword?
  2. Watter diere het die koningin van Skeba saamgebring toe sy Salomo besoek het?
  3. Watter evangelie is deur 'n dokter geskryf?
  4. Waarop het Johannes die Doper in die veld geleef?
  5. Op watter dag het God die son en die maan geskape?
  6. Wie was Adam se oudste seun?
  7. Hoe het Noag die ark waterdig gekry?
  8. In watter Bybelboek lees ons die Saligsprekings?
  9. Wat het Jairus vir Jesus gevra?
  10. Hoe lank het Noag aan die ark gebou?
  11. Wie was Isak se vrou?
  12. In watter Bybelboek staan die Onse Vader?
  13. Wat was die Sanhedrin in Bybelse tye?
  14. Jakob se naam is deur God na Israel verander. Wat beteken die naam? 
  15. Aan wie het Josef se broers hom verkoop?
  16. In watter Bybelboek lees ons van die Gawes van die Gees?
  17. Waar staan die Tien Gebooie in die Bybel?
  18. Wie het 'n tentpen deur 'n veggeneraal, Sisera, se kop geslaan?
  19. Wat was die tweede plaag wat Egipte gebref het?
  20. Wat beteken die naam Getsémané?
  21. By wie het Josua se verkenners gaan skuil?
  22. Hoeveel rigters was daar in Israel in die Ou Testament?
  23. In watter boek lees ons van die vrugte van die Gees?
  24. Wie was Salamo se ouers?
  25. Waar of Onwaar? Die sewende plaag was steekvlieë.
  26. Wat het Jakob in sy droom by Bet-El gesien?
  27. Wie het die Tabernakel gemaak? Besaleël en Oholiab of Aaron en Abiram?

ANTWOORDE

  1. Metusalag (Gen 5:21-27)
  2. Kamele (2 Kron 9:1)
  3. Lukas
  4. Sprinkane en veldheuning (Matt 3:4)
  5. Vierde dag (Gen 1:14-19)
  6. Kain (Genesis 4 : 1)
  7. Met pik gesmeer (Genesis 6 tot 8)
  8. Matteus 5: 3 tot 12
  9. Om sy dogtertjie te genees. (Matt. 8 en 9)
  10. 120 jaar (Genesis 6 tot 8)
  11. Rebekka (Genesis 24 en 25)
  12. Matteus 6: (5 tot 15)
  13. Die hoogste raad van priesters.
  14. Prins van God. (Genesis 32 - 35)
  15. Ismaelitiese smouse op pad na Egipte. (Genesis 37 – 39)
  16. 1 Kor. 12: 1-11
  17. Eksodus 20
  18. Jael (lees in Rigters)
  19. Paddas oor die hele land (Eksodus 11)
  20. Oliepers - dit was 'n tuin vol olyfbome in die Bybel
  21. Ragab (Josua 1 tot 5)
  22. 14
  23. Galasiërs 5:2
  24. Dawid en Batseba 
  25. Vals: Hael en vuur 
  26. ’n Leer met engele met die Here bo-aan. 
  27. Besaleël en Oholiab.

Wil jy elke maand die nuwe vrae in jou epos-inmandjie kry? Teken in op ons nuusbrief.

Kommentaar - 7 opmerkings

Petro Wilders

Baie dankie vir die "brain teasers"! Aangesien ek op 'n plaas bly en effe afgesny is van daaglikse kontak met ander geniet ek dit om my kennis te toets. Dankie vir die puik tydskrif wat sielsverrykend is en elke maand op-die-kop artikels het, alles van toepassing op ons elke dag lewens en so inspirerend om te sien hoe die Here mense bystaan en verryk om uit te styg bo alles. Mag ek nog baie jare saam met julle spandeer.
Uitgesit op Sat., Jan. 23de 2010, 08:10

Amanda

Sjoe daar's nog baie wat ek uit hierdie vasvrae kan leer! Baie dankie!
Uitgesit op Woe., Feb. 10de 2010, 12:06

Karina

Ek geniet elke maand se bybelvasvrae
Uitgesit op Woe., Feb. 17de 2010, 11:42

Ansie

Fantasties, dit is so lekker om weer my Bybel-kennis op te skerp. Baie dankie vir die wonderlike tydskrif. God bless
Uitgesit op Di., Apr. 20ste 2010, 16:51

Ounooi

Laat my baie terug dink in die dae van "Bybelkennis" toetse so 1962 en aan. Jaarliks was dit 'n groot gebeurtenis in die gemeente waar ek groot geword het. (Montclair - Durban) Ds Nico Schreuder was die leraar. Daarna het die jaarlikse Kategese eksamens gevolg. Als was vanaf Bloemfontein landswyd geskryf. Daar was 'n paar jaar geleenthede waar ek tussen top drie was dwars oor die land. Ons was baie geinspireer deur ons leraar en Sondagskool onderwysers. Baie lekker "memories" wat terug kom.
Uitgesit op Sat., Jun. 5de 2010, 16:53

Ounooi

Laat my baie terug dink in die dae van "Bybelkennis" toetse so 1962 en aan. Jaarliks was dit 'n groot gebeurtenis in die gemeente waar ek groot geword het. (Montclair - Durban) Ds Nico Schreuder was die leraar. Daarna het die jaarlikse Kategese eksamens gevolg. Als was vanaf Bloemfontein landswyd geskryf. Daar was 'n paar jaar geleenthede waar ek tussen top drie was dwars oor die land. Ons was baie geinspireer deur ons leraar en Sondagskool onderwysers. Baie lekker "memories" wat terug kom.
Uitgesit op Sat., Jun. 5de 2010, 16:53

Antoinette de Klerk

Heerlik om my Bybelkennis te toets. 'n Mens word nooit te oud om iets nuuts te leer nie, en die Bybel bly altyd nuut al is dit die oudste boek. Baie dankie en sterkte vir julle goeie werd.
Uitgesit op Di., Jun. 22de 2010, 10:20
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na