Angus Buchan se nuwe boek

Deel met ander Kommentaar
 
0/5.0
Angus Buchan se nuwe boek

Meer oor Angus se boek en sy videogreep, spesiaal vir Lééf.

Angus Buchan het nog altyd geweet die lewe skiet verby soos 'n gedagte; soos die gras van die veld, is dit vandag nog hier en môre alweer verdroog.

By die Mighty Men Conference 2009 op sy plaas Shalom het hy egter ontdek hoe kortstondig die lewe werklik is. Wat by daardie konferensie gebeur het, het hom laat besef ons is nie vir ewig hier nie, en dat ons, terwyl ons hier op aarde is, 'n verskil moet maak.

Die een oomblik het Angus nog op die platform gestaan en sy boodskap met oorgawe verkondig aan die grootste groep mans wat nog ooit in SA vir 'n konferensie bymekaargekom het. Die volgende oomblik het hy hulpeloos op die gras gelê, waarskynlik weens 'n hartaanval.

Vandag glo hy vas die Here Jesus Christus het hom, weens die doeltreffende en vurige gebede van regverdiges oor die hele wêreld heen, wonderbaarlik gesond gemaak in daardie vyftien minute wat dit geduur het om van die plaas tot by die hospitaal te vlieg.

Daardie naweek het hom nie net op sy knieë gedwing nie, maar hom ook tot geestelike volwassenheid gebring. Hy het 'n volgroeide mens in Christus geword.

Grootword is die verhaal van Angus Buchan se inspirerende lewe en bediening.

Klik vir Angus se boodskap vir Lééf-lesers:

Kommentaar - Geen kommentaar sover

Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na