Kyk na jouself: jou 30s

Deel met ander Kommentaar
 
0/5.0
Kyk na jouself: jou 30s

In jou 30s is die meeste veranderings in jou liggaam nie met die blote oog sigbaar nie. Jou gesondheidskeuses in dié dekade kan probleme later in jou lewe help voorkom.

Oefening bly in alle lewenstadiums die bese manier om jou gesondheid en fiksheid te handhaaf.

"Jy kan in hierdie dekade been- en spiermassa begin verloor, wat later tot osteoporose kan lei, sê persoonlike afrigter Wynand Viljoen. "Jy kan dit teenwerk met 'n kombinasie van versterkende en aerobiese oefeninge drie keer per week."

Ondersoeke

  • Papsmeer: elke een tot twee jaar
  • Bloeddruk: minstens elke twee jaar
  • Pelviese ondersoek: elke jaar
  • Cholesterol: elke vyf jaar
  • Kliniese borsondersoek: elke drie jaar
  • Mammogram: elke jaar

Jy is wat jy eet

  • minstens 400 mikrogram folaat per dag, ter voorbereiding op swangerskap
  • minstens drie porsies vetterige vis per week
  • foliensuur (in onder meer broccoli, koring, droëbone, kool, aspersies, lewer, niertjies, eiers, peulgewasse en gis
  • Vissoorte wat hoog is in omega 3-vetsure (sardiens, bottervis, makriel, ansjovis, haring, salm en snoek
  • Optimale kalsium is belangrik omdat jy jou maksimale beenmassa rondom 30 bereik

Kommentaar - Geen kommentaar sover

Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na