Behandelingsopsies vir kinderlose paartjies

As jy nie kan ma word nie

deur Elize Parker Deel met ander Kommentaar (15)
 
0/5.0
As jy nie kan ma word nie

Kinderloosheid kan 'n verskeidenheid oorsake hê en daar is 'n verskeidenheid behandelings

Kinderloosheid kan 'n verskeidenheid oorsake hê en daar is 'n verskeidenheid behandelings."Maak dit net eerder as later," sê prof Thinus Kruger van die departement ginekologie en verloskunde aan die Universiteit van Stellenbosch.

Kunsmatige inseminasie

Tydens dié proses word geoeste, behandelde manlike spermselle direk in die vrou se baarmoeder geplant tydens ovulasie. Die proses is eenvoudig en kan by 'n vrugbaarheidskliniek gedoen word.

Gameet-intrafallopius-oorplanting (GIFT)

Hierdie prosedure word veral gebruik waar manlike onvrugbaarheid 'n rol speel. Die skenkervrou word behandel met vrugbaarheidsmiddels. Eierselle word geoes. Spermselle word van die manlike skenker gekry. Eierselle word saam met die spermselle in die vrou se fallopiese buis geplaas waar bevrugting plaasvind. Die bevrugte eierselle verdeel en word in die uterus-wand ingeplant.

In vitro fertilisasie (IVF)

Tydens IVF word die eierstokke met vrugbaarheidsmiddels gestimuleer om eiers te vorm. Die eierselle word in die hospitaal onder lokale verdowing ui die baarmoeder verwyder. Bevrugting geskied deur die eiers en sperm wat geoes is in 'n kultuur te plaas of deur 'n enkele sperm direk in 'n volwasse eiertjie in te spuit. Ná bevrugting word 'n maksimum van drie bevrugte eierselle teruggeplant. Hegting moet steeds binne die liggaam plaasvind. In die geval van IVF vind bevrugting buite die liggaam plaas en by GIFT binne die liggaam.

Intrasitoplasmiese sperm-inspuiting (ICSI)

'n Enkele sperm word direk in die eier ingespuit. Daar kan ook rondom die eier 'n konsentrasie van sperm geskep word om die kans vir bevrugting te verhoog.

Medikasie

Ovulasiemedikasie kan gebruik word om eierstokke te help om meer as een bruikbare eier per siklus vry te stel.

Maak dit makliker

  • Vermy alkohol, rook en verdowingsmiddels
  • Eet gebalanseer en gesond
  • mans moet oefening kry, te warm badwater vermy, lospassende katoenonderklere dra en kos eet wat ryk is aan vitamiene A, D en E
  • Raak en bly albei betrokke deur boeke oor babas en swangerskap te lees
  • Bespreek jul gevoelens openhartig
  • Hou die huishouding se roetine gemaklik en ontspanne - behandling verg tyd en opoffering
  • Waardeer mekaar se pogings en sê dit dan hardop
  • Fokus om kalm en rustig te wees

Ons het ook 'n ondersteuningsgroep vir paartjies wat sukkel om swanger word, gestig. Kom deel jou storie.

Kommentaar - 15 opmerkings

Sanet

Ek en my man probeer nou al vir 4jaar vir 'n baba was al by verskeie dr.Ek is gediagnoseer met polisistiek ovariums. Ons bid dat die Here ons sal seen met 'n baba.Is dit onrealisties om te glo dat die Here vir ons 'n baba kan gee sonder enige ander hulp.My droom is om normaal swanger te raak en net alle eer aan God te gee!
Uitgesit op Woe., Jan. 20ste 2010, 10:15

Ilze

Ek en my man probeer nou al vir agt jaar om 'n baba te kry. Vir 'n paar jaar het ons net die geloofspad gestap en geglo en vertrou dat die Here vir ons op Sy tyd en op die natuurlike manier sal kinders gee. In 2008 en 2009 het ons kunsmatige inseminasie ondergaan wat albei kere negatief was. Hierdie jaar wil ons 'n stap verder gaan - moet nog gaan uitvind wat die dokters wil doen en die koste daaraan verbonde! Ons glo nog steeds dat ALLES vir God moontlik is, maar dat hy ook dokters daar gesit het om vir ons as mense te help. Soms raak ek baie moedeloos en verstaan nie altyd hoekom ons hierdie pad moet loop nie, maar ek weet dat die Here altyd beter weet en Sy plan is altyd die beste plan vir ons. Dit is nog vroeg in die jaar en ek en my man is baie hoopvol vir 2010. Bid asb. saam met ons dat die Here ook 'n wonderwerk in ons lewe sal doen en dat ons nie moed sal verloor nie!
Uitgesit op Ma., Jan. 25de 2010, 12:34

Johlette Aldrich

Ek is nou so bietjie meer as 13 maande getroud. Ek het verlede jaar Julie die Mirena gekry. Baie mense het vir my gese dat dit is die vekeerdste ding wat 'n vrou kan doen voordat sy swanger was. Ek is so bang ek kan nie eendag swanger raak nie. Tewyl ek hierdie artiekel glees het, het ek trane in my oë gekry vir vroue wat wel in die sutiasie is. Ek as jong vrou is so min ingelig oor hoe moet ek lewe en wat moet ek as voorbehoedmiddel gebruik, sodat ek die dag is die Here dit vir my beplan om swanger te word, wel te kan word sonder om te sukkel. My hart gaan uit na elke vrou wat sukkel om swanger te word. Enige atvies is welkom. Dankie vir die puik artiekel. Liefde aan elke vrou daar buite.
Uitgesit op Ma., Jan. 25de 2010, 18:11

desiree

ek en my man probeer al vir die laaste 2 jaar vir 'n baba !ons het al die pad gestap van icsi 3 ivf en een fet!ek was swanger met my eerste ivf maar dit het met 'n miskraam geeindig!ons bly glo en vetrou dat die Here ons sal seen met 'n babatjie of dit nou natuurlik is of met behulp van doktors!my raad aan ander moet nooit ophou glo nie met God is alles moontlik!
Uitgesit op Ma., Feb. 1ste 2010, 15:45

Kara

Ek en Manlief probeer al amper 5 jaar om swanger te raak. Einde laas jaar verneem dat my eie eierselle nie geskik sal wees nie. Dit is vernietigend, maar ek kan nie beskryf hoe ek as mens verander en gegroei het nie. Ja, my hart krimp ineen as ek na my kinderlose man kyk terwyl hy met ander kleintjies speel en as ek hoor hoe my ouers maar versigtig saampraat met ander oupas en oumas. Maar my tyd is nie God se tyd nie en my plan is nie God se plan vir my nie. Maar al word my kindjie uit my hart gebore of uit my baarmoeder, weet ek dat elke dag net nog 'n dag nader is aan hom of haar. Sterkte vir almal wat hiervan weet !!!
Uitgesit op Ma., Feb. 1ste 2010, 17:24

Juanita

Ek en my man probeer al 8 jaar vir 'n baba. Ons is huidiglik besig met behandeling wat sal uitloop op ons tweede insiminasie. Situasies duik op wat 'n ou se spoed breek en dan skyn die son weer more. Ons moet daagliks ons afhanklikheid in die Here bely en Hom vertrou vir Sy perfekte wil en tyd vir ons lewe. Dit is die gebed van my en my man Willie se hart, dat die Here ons hart bo alles sal bewaar en dat ons oe op Hom gerig sal wees. Bid en vertrou asseblief saam met ons en dat die Here ons die geduld en krag sal gee. My hart is met elke Vrou wat 'n kind van die Vader verlang, kom ons wees hoopvol en bely dat ons niks is of kan doen sonder die Here nie. Eendag sal ons alles verstaan, wees bemoedig!
Uitgesit op Woe., Feb. 3de 2010, 11:36

Juanita

Dit is 'n baie moeilike pad om te stap, en selfs na ek geseen is met 'n baba sal ek dit altyd onthou. Ek het baie geworstel met God, oor hoekom ons albei so gestraf is met fertiliteits probleme, maar het volhard in gebed dat hy ons asb. moet seen met 'n kind. Ons het 3 jaar probeer, en uiteindelik IVF/ICSI gedoen. Ek het endometriose en my man lae en abnormale sperm telling. Ek het gelukkig swanger geraak die eerste probeerslag. Het nou al 2 onsuksesvolle pogings gehad, en sal miskien moet vrede maak dat my kind 'n enigste kind sal wees, maar weet hoe ongelooflik geseen ek is om haar te he.
Uitgesit op Woe., Feb. 3de 2010, 15:07

Marilise van Staden

Vandag deel ek in elke liewe vrou se hartseer. My 1ste seuntjie is nou 3 jaar,en my hart se punt. Ek het verlede jaar swanger geraak,maar op 5 maande moes ek 'n aborsie kry. Ek het 'n Dwergbaba verwag, en niemand kon enige waarborge gee dat hy wel gaan lewe met geboorte. 2 Maande na my abordsie was ek weer swanger en het 'n miskraam gehad. Ons sukkel egter nou om weer swanger te raak. Ek het 'n pad gestap met die Here, en besef dat Hy my wil leer om geduldig te wees - Slegs Hy kan lewe skep. Dit is net swaar om te sien dat al my vriendinne swanger raak,en dan begin 'n mens wonder wat is fout. Die Here het egter vir my begin tekens gee in 2s. Elke keer raak ek opgewonde,want ek weet Hy gaan ons seen met 'n tweeling! Alles wat ons in die lewe nodig het,is in God se stoorkamer,op die heel onderste rak - ons moet net op ons knee gaan om dit te kry...
Uitgesit op Vry., Feb. 5de 2010, 10:15

Amber-kaleen

Ek het alreeds twee kinders, my dogter is 12 en my seun 6. Net na my dogter se geboorte het ek nege miskrame gehad. Ek is geskei en is in tussen tot weer getroud, ek is 32 en my man 28 en hy het nog glad nie kinders nie en wil bitter graag he. Ek was onlangs vir bloed toetse en die dokter het gesê dat my estrogeen laag is maar hy niks vir my kan voorskryf nie en ek moet maar net geduldig wees my liggaam sal self my estrogeen levels herstel ! Ek twyfel egter vreeslik daarin. Het u dalk vir my enige raad?
Uitgesit op Woe., Feb. 10de 2010, 12:37

Lelene

'n Vriendin van my het so 6 maande terug vir my vertel 'n vriendin van haar wat ova geskenk het. Ons het toe besluit om te regtistreer as ova donars by die Fertility Kliniek in Pinelands (Kaapstad). Daar is verskeie prosedures en toetse wat gedoen moet word voor jy 'n geskikte donar kan word. Jy gaan vir sielkundige evaluasie, bloedtoetse, jy moet 'n biografie oor jouself skryf en al jou persoonlike inligting word benodig. Ek is toe aanvaar as 'n ova skenker en het my eerste eiertjie in Oktober 2009 geskenk. Dis 'n ongelooflike ervaring, om te dink jy help iemand anders wat op geen ander manier swanger kan raak nie. Dis anoniem; die paartjie sien jou profile op die Fertility Clinic se webtuiste en daar volgens word jy gekies. Stimulasie begin op Dag 4 tydens jou menstruasie siklus, Dag 8 in jou siklus gaan jy vir 'n sonar om te kyk hoe groot die folikels is, Dag 12 gaan jy vir 'n 2de sonar en op die dag word daar bepaal wanneer die eiers verwyder gaan word. Dit word onder verdowing verwyder en daar is effens pyn na die prosedure - voel amper soos menstruasie pyne. Ongelukkig het die vrou nie swanger geraak nie. Die suster het my verlede week gekontak en gevra of ek nog beskikbaar is vir ova skenking. Ek is tans besig met my stimulasie en voel baie bevoorreg om iemand anders te kan help.
Uitgesit op Woe., Feb. 10de 2010, 12:51

Louis

Ek sien dit is net vrouens wat hier praat. Die manne is maar stil. vir ons is dit ook nie maklik nie. Ek en my vrou probeer al vir 8 jaar om swanger te raak. daar was egter n klomp terug slae gewees. baie mense het vir ons kom vertel dit is omdat ons geloof nie reg is nie. Ek is so bly dat daar van ons mens is wat ook in geloof vashou aan ons hemelse Vader met 'n vertroue. Ons het ie moed opgegee nie, maar ons oorweeg nou aanneming. Ek glo dat van ons op daardie manier kindertjies moet kry. Hou maar net die geloof!
Uitgesit op Di., Feb. 16de 2010, 07:55

Thea

Ek is so bly om te sien ek is nie die enigste vrou wat worstel met God en soms moedeloos raak nie. Ek en my man probeer nou al vir 6 jaar sonder enige sukses. Ek was al verskeie maande op Clomid sonder sukses. Ek het PCOS en was nou op Femara en weereens onsuksesvol. Ek is nou weer op Clomid en ons bly Glo en Vertrou dat die Here vir ons 'n kindjie gaan gee Sterkte vir almal van julle!!
Uitgesit op Do., Apr. 8ste 2010, 10:35

Adri

My man het n vasektomie laat omswaai al 8 jaar gelede, en sowat 4 jaar gelede het ons begin dink om ons eie kindtjie te he, volgens toetse was die omswaai nie suksesvol nie, maar ons bly glo en bid. Ek het een aand gedrooom van die mooiste naam. My begeerte na n eie kind is so groot, en ek gaan deur die wipplank emosies soos seker elke ander vrou wat n kindtjie begeer. Aanneming is ons laaste opsie, en ons oorweeg nou n spermdonar, maar ek is nie seker of dit die regte ding is om te doen nie, daar is soveel vrae, ek en my man is albei Christine en dit is vir ons baie belangrik om in God se wil te bly, en gaan dit nie wees dat ons God se werk vir Hom probeer doen nie, my man se indien ons n sermdonar gebruik moet ons nie vir die kind se nie, en ek voel anders hieroor. Ek het raad nodig.
Uitgesit op Do., Jun. 24de 2010, 11:12

Lisa

Hierdie webtuiste het op my pad gekom met 'n rede, hier waar ek sit voor my rekenaar, is ek sopnat gehuil, almal van julle se briewe gelees......ek vir eenselwig myself met almal van julle, en huil en vertrou en glo saam met julle. Ek en my man wag al vir 2jaar vir ons babetjie, my man se sperm telling is ook baie laag, drink huidiglik vir 9maande al straminogro, wat 'n uroloog vir ons voorgeskryf het in nelspruit, die beste vir die oomblik. Ek hoop en wens elke maande vir die positiewe toetsies....en as ek laat is, kan ek nie anders as om opgewonde teraak net om weer die grootste teleurstelling tekry nie, net omdat ek so HARD GLO. Dis vir my vreeslik erg, en vir my man ook.....daar gaan nie 'n dag verby wat ek nie daaraan dink nie......2 van ons vriende was in die selfde bootjie, en altwee is nou swanger, dit het my moed gegee, maar dit vat so baie van my...
Uitgesit op Ma., Jul. 5de 2010, 13:48

Dorette

Hi, ek en manlief probeer ook al 'n geruime tyd om 'n baba te he. Wow! Ek prys die Here vir hierdie webtuiste wat my soveel moed gegee het. Die dokter het verskeie vitamine voorgeskryf wat ons gebruik soos Vit E, Brewers Yeast, Zinplex, en Evening Primrose oil. Hierdie help om sy sperm telling (soldate) meer veglustig te maak en dat hul sommer die rigting reg het ook. Ek is van voor af weer opgewonde en sien elke dag die wonderwerke wat Hy laat gebeur. Geboorte en lewe is WONDERWERKE!! Hou moed - drome word waar - op welke wyse ook al.
Uitgesit op Di., Jul. 6de 2010, 10:01
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na