Wenke teen 'n gejaagde lewe

Mallemeule-lewe?

deur Milanie Vosloo Deel met ander Kommentaar (4)
 
0/5.0
Mallemeule-lewe?

Voel dit soms vir jou of jou wêreld soos 'n rondomtalie geword het? Asof die lewe eenvoudig by jou verbyflits en jy dit glad nie meer geniet nie?

Dalk beleef ons ons bestaan so omdat ons eenvoudig net te vinnig leef. Miskien het ons vasgeval geraak in 'n dodelike sirkelroetine, of het ons vergeet dat die lewe soveel meer bied as net ons hardloop-bestaan van Maandag tot Vrydag.

Feit is, ons Vader het nie bedoel dat ons rondomtaliemense sal wees by wie die lewe net verbyvlieg ie.

Hy het nie aan ons die speelplek van die lewe gegee sodat ons uitasem, gefrustreerd of verveeld sal maak nie. Hy wil hê dat ons die verskeidenheid van die lewe elke dag met kinderlike vreugde sal geniet.

Dis Sy begeerte dat ons uitdagings soos klimrame benader en elke tree boontoe as 'n oorwinning sien.

Die swaaie van die lewe het Hy vir ons gegee sodat ons op verskillende vlakke skoonheid kan waardeer. Glyplank-dae word ons gegun, sodat ons na moeilike tye sommer net weer kan afwen, terwyl die hobbelperd daar is om ons teen 'n groef-bestaan te waarsku.

Want wanneer ons vasgevang raak in 'n dodelike roetine waarin ons onnadenkend vorentoe en agtertoe beweeg, verdwyn die vreugde van nuut dink, doen en leef.

Kom ons klim 'n slag van ons rondomtalies af, staan stil en sien weer die lewe as 'n speelplek, 'n wêreld met geleenthede, uitdagings en vreugdes wat aan ons gegee is om kinderlik spontaan te kan geniet.

Kommentaar - 4 opmerkings

NN

Verlede week het God my aandag gerig op REV 1:2 ... vir 'n paar sekondes het iets binne my begin verander...ek het stil gestaan en my ou liefde weer ontdek...ek het die mooi weer raak gesien.. Iets wat in my gejaagde lewe agter gebly het, ek stop nou elke dag vir so paar sekondes, haal diep asem en sien die mooi, nie net het dit my lewe weer sin en rede gegee nie maar ek beleef God meer. ...stop haal asem en sien...
Uitgesit op Woe., Jul. 28ste 2010, 16:09

Suzette

Dit was n wonderlike uit een setting van die lewe dankie
Uitgesit op Do., Jul. 29de 2010, 23:16

malandie laubscher

Stunning stukkie!! ruk mens tot stilstand en laat jou dink. . . .
Uitgesit op Son., Aug. 8ste 2010, 14:29

marie hunter

Dankie vir die opbouende woorde.Daar is soveel seer en teleurstellings in die lewe, dat n mens waarlik opbouende woorde soos hierdie baie nodig het.
Uitgesit op Di., Aug. 24de 2010, 20:23
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na